Bothastrand Akkommodasie by Holiday House on Kloof 35704 | LekkeSlaap
+21
+21

Holiday House on Kloof 35704

Selfsorg
  • Vanaf R1 500 per nag (plek vir 8)
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kloofstraat 5, Bothastrand, Grootbrakrivier, 6525, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Holiday House on Kloof 35704 is 'n ruim selfsorghuis met slaapplek vir 8 gaste in 'n beveiligde deel van Bothastrand.

Dié dubbelverdiepinghouthuis beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Drie van die kamers is op die eerste verdieping. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n toilet. Dié kamer lei na 'n dek met 'n berg-uitsig.

Die tweede kamer het 'n koningingrootte-bed en die derde kamer het 'n ekstra lang koningingrootte-bed. Beide kamers lei na 'n dek met 'n see-uitsig en deel 'n badkamer met 'n stort en 'n spa-bad. Die kamer op die onderste verdieping het 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word, en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Alle linne word voorsien.

Die oopplan-kombuis, ingeboude braaigeriewe, eetarea en leefarea is op die boonste verdieping en lei na 'n balkon. Die kombuis is met 'n dubbelyskas, gasstoof, mikrogolf, en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus.

Die onderste verdieping het 'n tweede leefarea met 'n TV en volle DStv, asook 'n binnebraai. Daar is ook 'n tweede kombuisie met 'n werkarea, yskas, en 'n wasmasjien. Daar is ook 'n enkelmotorhuis. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie en rook is verbode.

Gaste kan die strand besoek en swem, visvang, of walviskyk in seisoen.

Slaapplek

’n Bespreking by Holiday House on Kloof 35704 sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Fietsry
  • Swem

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Ligging

  • Kloofstraat 5, Bothastrand, Grootbrakrivier, 6525, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 8)
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 8)
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kloofstraat 5, Bothastrand, Grootbrakrivier, 6525, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA48aefac4996c5cf4d5a5bf1f97b17b7edf164f35b0a5e3024d1c316a0de90f11b65d7279fa4699fbc34301c231707ecbd89c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 500  per nag (plek vir 8) 5 Kloof Street Bothastrand 6525 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.050567 22.275504
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za