Hotel Glencairn
Beskrywing
Hierdie statige, elegante dame van 'n blyplek is stapafstand van die pragtige Glencairnstrand en winkels af geleë. Die hotel is ook naby Vishoek, Simonstad, Kommetjie en Noordhoek geleë. Hierdie unieke Suid-Afrikaanse instansie is 'n viering van Suid-Afrikaanse kultuur met 'n retro, byderwetse kinkel en elke kamer is ingerig om die kollig op 'n aspek van Suid-Afrikaanse kultuur te werp.
Die hotel spog met 5 en suite-kamers, 'n restaurant en 'n kroeg. Die restaurant het 'n verskeidenheid smullekker burgers en 'n kroegstyl-spyskaart. Van tyd tot tyd oor naweke kan vertonings deur musiekgroepe op die dek geniet word. Die restaurant is ook ideaal vir kinders, met swaaie en 'n speelarea vir hope vermaak. Boonop is die restaurant ook troeteldiervriendelik en honde is welkom op die dek indien hulle op leibande is.
Die hotel is in 1902 opgerig en dit was die eerste akkommodasie in Glencairn. Hierdie ou gebou is ryk aan geskiedenis en het al vir die afgelope 100 jaar die doen en late van die gemeenskap aanskou. Gaste kan verskeie stap- en fietsryroetes in die Tafelberg Nasionale Park geniet of die Glencairn Vlei besoek waar daar 'n ontspanne halfuur-sirkelroete is. Simonstad is ongeveer 4 km weg en bied 'n rits doendinge soos haaihokduik, Bouldersstrand Pikkewynkolonie en die SA Vlootmuseum. Kaappunt Nasionale Park is ongeveer 30 km se ry langs die kus af ver.
Kenmerke
- Braaiplek
- Troeteldiere indien gereël
- Gratis WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Elektroniese Fondsoorplasing
Geriewe
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Restaurant op Perseel
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Hier praat ons
- Engels
Maaltye Aangebied
- Aandete
- Middagete
- Tee
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na Hotel Glencairn gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |