Houdenbek Farm Cottages

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Houdenbek Farm Cottages is op 'n vrugte- en groenteplaas in die bekende Koue Bokkeveld geleë. Houdenbek Farm Cottages is 'n opgeknapte Nasionale Monument wat nou selfsorg-akkommodasie en 'n familiewegbreekplek sowat 52 km vanaf Ceres en 200 km vanaf Kaapstad bied.

Die verblyf bestaan uit 2 kothuise wat onder ou eikebome geleë is. Elke kothuis het 'n volledig toegeruste kombuis en 'n oopplan-eetarea en -leefarea. Daar is ook 'n kaggel en 'n braai binne vir koue winterdae. Elke kothuis het ook 'n lieflike braai-area buite.

Houdenbekplaas het ook kampeerplek vir 1 groep op 'n slag, so kampeerders sal eksklusiwiteit geniet. Daar is 5 plekke om 'n tent op te slaan en skoon fonteinwater is beskikbaar. Daar is 1 warm stort, asook 'n aparte stort en 'n wasbak. Daar is 'n wasbak met warm water waar gaste hul skottelgoed kan was. Die kampeerterrein het nie elektrisiteit nie.

Die omgewing self is prentjiemooi en die plaas is teen die rotsagtige Skurweberg geleë wat dit 'n puik bestemming maak vir buitelugdoendinge of om net die natuurskoon te bewonder. Doendinge in die omliggende omgewing sluit voetslaan, rotsklim, bergfietsry, skilderagtige ritte, minigholfbaan en voëlkyk in.

Kenmerke

  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Houdenbek Farm Cottages gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R240 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za