House at Longbeach

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

House at Longbeach bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n tweeslaapkamer-vakansiewoonstel wat op die boonste vloer van die hoofhuis geleë is. Hierdie lieflike huis is net 400 m van Noordhoek se strand af. Die gewilde Noordhoek Farm Village en Cape Point Vineyards is ook net 5 minute se ry van die verblyf af.

House at Longbeach bied lieflike uitsigte oor die see en die berge, asook die aangrensende natuurreservaat. Die huis het 'n unieke atmosfeer wat die tradisionele elemente van 'n plaashuis met die knus kenmerke van 'n strandhuis kombineer. Die hoë plafonne, vensters, glasdeure en dakvensters verleen 'n ekstra ruim gevoel. Die verblyf is 100 m² en daar is slaapplek vir tot 4 gaste. Die woonstel het direkte toegang tot 'n groot terras en balkon. Die tuin het 'n swembad, dammetjie, braai en 'n speelarea wat met 'n trap van die terras af bereik word.

Die vakansiehuis het 2 smaakvolle kamers met lieflike uitsigte. Elke slaapkamer lei na 'n groot balkon. Daar is gehalte-matrasse en -beddegoed in die kamers, asook ruim ingeboude kaste. Die een slaapkamer kyk wes en beskik oor 'n koninggrootte-bed en 'n spieëltafel. Die slaapkamer wat suid kyk bevat 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens indien dit so versoek word. 'n Vyfde persoon kan op 'n dagbed slaap. 'n Bababed kan ook voorsien word vir kinders. Die badkamer bevat 'n stort, bad en 'n toilet. Badhanddoeke, swemhanddoeke en waslappe word voorsien.

Die kombuis het marmertoonbanke, vlekvrye staalpanele en soliede houtkaste. Die kombuis is toegerus met 2 oonde, 'n stoof, 'n yskas, 'n mikrogolfoond, 'n skottelgoedwasser, 'n espressomasjien en kombuistoebehore. Die kombuis het ook 'n ontbyttoonbank wat die kombuis van die leefarea en eetkamer-area skei.

Die vakansiehuis het ook 'n terras en 'n balkon vanwaar gaste die lieflike uitsigte van Kommetjie en die Kommetjie-vuurtoring kan geniet. Die balkon is die ideale plek om ontbyt in die oggendson te geniet en die terras is perfek vir 'n drankie aan die einde van 'n lang dag. Ontspan in die son op 1 van die 2 gemaklike sonstoele en geniet uitsigte oor die berg en see. Daar is ook sitplek vir 6 mense op die terras.

Die tuin het 4 verskillende areas: die area om die dammetjie, die swembadarea, die braai-area en die speelarea vir kinders. Daar is honderde vetplante en aalwyne van 'n magdom voëlsoorte, insluitende suikerbekkies, aantrek. Daar is baie sitplek in die tuin, soos 'n buitetafel vir 4 in die skadu van 'n groot boom, 'n koffietafel vir 2 by die swembad, 'n bankie en sitplek vir 2 naby die dammetjie. Daar is ook sitplek by die braai-area. Buiten die 2 sonstoele op die terras, is daar ook 2 by die swembad.

Slaapplek

'n Bespreking by House at Longbeach sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Koordlose Internet

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Duits

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Kaggel
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Konferensiegeriewe

  •  Internet
  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na House At Longbeach gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 000 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za