Hout & About Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 15 % af

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Okt 2019 tot 30 Nov 2019.

Beskrywing

Hout & About Guest House is 'n lieflike gastehuis in Houtbaai en is ideaal vir gaste wat die Kaap wil verken.

Die gastehuis beskik oor 8 kamers wat slaapplek aan 2 tot 4 gaste bied. Die kamers het elk 'n ekstra lang koninggrootte-bed óf 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Sagte handdoeke word in elke kamer voorsien en elke kamer het ook WiFi en 'n Slim-TV. Die kamers het 'n uitsig oor die tuin, op die berg of oor die baai.

'n Fynproewersontbyt word in die luukse leefarea of op die sonnige stoep met 'n uitsig oor die see en op die bergreeks bedien. Gaste kan in die sitkamer of op die balkon ontspan en daar is buitelug-swembad.

Houtbaai bied verskeie doendinge soos visvang, see-kajakvaart, abseil, voetslaan, fietsryroetes, verf en pottebakkery, asook helikoptertoere. Gaste kan ook Worlds of Birds, die Houtbaai Gallery, verskillende restaurante en wynlandgoedere besoek of die Chapman's Peak-pas verken.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hout & About Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 R680 per nag (vir 2 mense)

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Okt 2019 tot 30 Nov 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za