Grabouw Akkommodasie by Houw Hoek Hotel | LekkeSlaap
+35

Houw Hoek Hotel

  • Kapasiteit: 162 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: N2 , Houw Hoek, Grabouw, 7160, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 450 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Houw Hoek Hotel is in die hartjie van die Kogelberg Natuurreservaat geleë, langs die N2 en net 80 km van Kaapstad af. Die hotel het 'n voortreflike ligging tussen majestueuse berge en pragtige damme wat dit die ideale rusplek maak.

Verblyf by Houw Hoek Hotel word in 7 tipe kamers aangebied en almal is smaakvol gemeubileer en versier. Die meeste van die kamers het privaat balkonne met uitstekende uitsigte en kaggels om die winterkoue te verdryf. Elke kamer het 'n TV met sekere DStv-kanale en gratis WiFi.

Gaste kan lekker langs een van die 2 swembaddens uitspan. Daar is ook 'n rits binne- en buitemuurse aktiwiteite om die kleingoed besig te hou. Gaste kan 'n smullekker maaltyd op die stoep met 'n panoramiese uitsig op die omliggende berge geniet.

Die hotel bied 5 konferensieskamers met lugversorging en bied die ideale venue vir konferensies, bekendstellings, promosie-geleenthede en funksies. Die hotel kan maklik 5 tot 250 afgevaardigdes akkommodeer. Die golwende grasperke en groot damme skep 'n romantiese atmosfeer en maak Houw Hoek Hotel 'n gewilde trou-venue.

Die hoofrestaurant het sitplek vir 100 gaste en bedien daagliks heerlike a la carte-middagetes en -aandetes. Die restaurant bied 'n ontbytbuffet, informele middagetes en fynproewers-aandetes wat met 'n bekroonde plaaslike wynlys gekomplementeer word. Die gesofistikeerde spyskaart meng tradisionele Suid-Afrikaanse kookkuns met moderne uitvindsels van bekende sjefs. Op 'n Saterdag hou die hotel hulle gewilde aandete-dans.

Houw Hoek Hotel is die oudste gelisensieerde hotel in Suid-Afrika. Die hotel is ook die wenner van 2 Haute Grandeur Global Excellence-toekennings vir die kategorieë The Best Scenic Environment Hotel in South Africa en The Best Historical Hotel in South Africa.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Speletjieskamer
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Nagportier
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Wegbreekkamers
  • Dataprojektor
  • DVD-speler
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Skootrekenaar-projektor
  • Internet
  • Skuifie-projektor
  • Televisie
  • Videospeler
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 50 afgevaardigdes
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 19 resensies vir Houw Hoek Hotel
Netheid
4.4/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • N2 , Houw Hoek, Grabouw, 7160, Wes-Kaap
  • Gaste dink Houw Hoek Hotel het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 450
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 450
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 162 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: N2 , Houw Hoek, Grabouw, 7160, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA99OwTmr7oLacxB9yfXZP8eu6VzUFC0NWZAGCvrbF7rLcoSFNhm?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 450  per nag (vir 2 persone) 19 5 1 5 N2 Houw Hoek 7160 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-22:00 11:00 -34.205637606621 19.151144338623
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za