Ikwekwezi Guest Lodge & Conference Centre

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ikwekwezi Guest Lodge is 'n 4-ster-lodge wat in die stil voorstad van Bredell in Kempton Park in Gauteng geleë is. Dit is perfek vir gaste wat op soek is na gerieflike akkommodasie vir 'n vakansie- of sakewegbreek naby aan verskeie geriewe.

Akkommodasie by Ikwekwezi Guest Lodge bestaan uit 24 slaapkamers wat smaakvol en gerieflik gemeubileer is. Hierdie kamers is toegerus met 2 enkelbeddens wat omskep kan word in 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en bad. Geriewe in hierdie kamers is 'n TV en WiFi op versoek, lugversorging, 'n haardroër en kombuistoebehore.

Smullekker maaltye word in die restaurant voorgesit en die lodge het 'n gimnasium, swembad en braaigeriewe, 'n netjiese tuin en 'n spa- en gesondheidsentrum. Die lodge het 'n uitstekende konferensie-venue en sake-venue vir sakereisigers en kan tot 60 insittendes akkommodeer.

Gratis, privaat parkeerplek is beskikbaar vir voertuie en die lodge is naby winkelsentrums, besighede en toeristekerns en is ook net 10 minute van O.R. Tambo Internasionale Lughawe af.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ikwekwezi Guest Lodge & Conference Centre gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 583 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za