Imperani

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Imperani is 'n gesellige selfsorgwoonstel wat in die rustige dorpie, Keurboomstrand geleë is.

Dié tweeslaapkamerwoonstel is bo-op die eienaar se motorhuis geleë en het sy eie privaat ingang en lieflike see-uitsigte. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en lei na 'n balkon wat oor die woud uitkyk. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n klein balkon met 'n see-uitsig. Die gedeelde badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet.

Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, 'n 4-plaatgasstoof, oond, mikrogolfoond, en sitplek vir 6 gaste. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. Dit lei ook na 'n balkon met uitsigte oor die woud. Ekstra geriewe sluit 'n braai-area, wasmasjien en parkeerplek vir een voertuig in.

Gaste kan gaan swem, skubaduik, visvang, kanovaart, perdry, voetslaan, gholfspeel en lekker eet in die omtrek.

Slaapplek

'n Bespreking by Imperani sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Imperani gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za