Imvula Game Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Imvula Game Lodge is 'n ongekunstelde selfsorg-houthuisie op die oewer van die Swartspruitrivier op 'n 130 hektaar-wildsplaas naby die dorpie Caroline in Mpumalanga. Dit is naby Johannesburg en Pretoria en dus ideaal vir 'n fantastiese naweek-wegbreek. Hier kan gaste wildkyk, voetslaan, visvang, of net ontspan en niks doen.

Die lodge het 6 slaapkamers en slaapplek vir 10 gaste. Daar is 4 slaapkamers, 2 dubbelkamers en 2 enkelkamers, met en suite-badkamers op die boonste verdieping. Op die onderste verdieping is daar 2 dubbelkamers wat 'n badkamer deel.

Die kombuis is goed toegerus met 'n gasstoof, oond, yskas, ketel, broodrooster en mikrogolfoond. Die sitkamer het 'n kaggel en hiér kan gaste lekker ontspan met 'n bottel wyn, of as 'n gesin bordspeletjies speel. Die Lodge spog met 'n veranda wat reg rondom strek en bied uitstekende uitsigte.

Daar is oorgenoeg vuurmaakhout om die kaggel aan die gang te hou, asook die buite-boma vanwaar gaste die sterre kan bewonder. Die rivier loop sowat 2 km deur die plaas. Die plaas bied fantastiese voetslaan-geleenthede en diegene wat effens meer avontuurlustig is, kan hul bergfietse saambring en 'n paar van die bergfietsry-roetes aandurf.

Die plaasbestuurder is 24 uur per dag beskikbaar vir noodgevalle en die eenheid word skoongemaak teen 'n ekstra fooi. Die plaas is net 'n uur se ry vanaf Dullstroom waar gaste die erfenisgebiede wat die dorpie bied, kan geniet. Forever Resorts Badplaas is ook net 30 minute se ry vanaf die plaas en hier is daar verskeie doendinge vir die hele gesin.

Slaapplek

'n Bespreking by Imvula Game Lodge sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 6 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Imvula Game Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 000 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za