Inibos Selfsorg

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Inibos Selfsorg is op 'n Karooplaas in die Drie Susters-omgewing geleë wat heeltemal omring word deur die natuur met vars lug, rustigheid, uitstekende Karoo-sonsondergange en warm gasvryheid. Die area is gewild onder diegene wat tussen Johannesburg en Kaapstad op die N1 reis.

Inibos spog met 'n vintage karavaan wat vanuit Duitsland ingevoer is en omskep is in 'n luukse selfsorg-eenheid met 'n sondek. Daar is ook 2 permatente met 'n pragtige uitsig oor die Karoo-vlaktes.

Die gemeenskaplike kuierarea met kombuis, eet- en braaiplek is die perfekte plek om ander reisigers te ontmoet. Kombuisgeriewe sluit 'n gasplaat, gasyskas, breekware en eetgerei in. Hier kan gaste 'n tradisionele braai onder die Karoo-sterre geniet.

Saans kan gaste sterrekyk en braai en bedags fietsry of die wandelpaaie gaan aandurf. Hier kan kinders die natuur in 'n veilige omgewing leer ken. Heerlike piekniekmandjies kan op versoek voorsien word om die pragtige sonsondergang vanaf 'n Karoo-koppie te besigtig. Inibos het ook n lieflike swembad tussen die rotse van die rivier.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Inibos Selfsorg gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R500 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za