LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Itongasi Holiday Flat 3 | LekkeSlaap
+13

Itongasi Holiday Flat 3

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Kinderstrandstraat 1, Itongasi 3, Glenmore Beach, 4278, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R950 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Itongasi Holiday Flat 3 is ’n selfsorgwoonstel op die bank van die Tongazi-rivier in ’n veilige kompleks in Glenmore Beach, Port Edward. Dit is net 150 m vanaf die hoofstrand.

Dié woonstel bied verblyf aan 4 volwassenes en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer, ’n kombuis en ’n leefarea. Die hoofslaapkamer het ’n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het ’n stapelbed. Die 2 slaapkamers deel die gebruik van ’n badkamer met ’n stort-oor-bad en ’n toilet.

Die oopplan-kombuis is met ’n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Etes kan by die toonbank geniet word.

Gaste kan in die leefarea met ’n TV met sekere DStv-kanale ontspan. Die leefarea lei na ’n patio. WiFi is op versoek en teen ’n ekstra koste beskikbaar.

Die kompleks bied ’n gemeenskaplike braai-area, ’n speletjies-kamer met ’n pooltafel en tafeltennis, asook onderdakparkeerplek.

Doendinge in die area sluit gholfklubs, natuurreservate, diereplase, strande, Wild Coast Casino en ouwêreldse besienswaardighede in.

Slaapplek

’n Bespreking by Itongasi Holiday Flat 3 sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Stapelbed
Area 1
Plek vir 2 persone
1 xStapelbed
Stapelbed
Area 2
Plek vir 4 persone
2 xStapelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Itongasi Holiday Flat 3
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Kinderstrandstraat 1, Itongasi 3, Glenmore Beach, 4278, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Itongasi Holiday Flat 3 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R950
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R950
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Kinderstrandstraat 1, Itongasi 3, Glenmore Beach, 4278, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA461c835d308ae33c859bc9deb6c145ea9f2eda09a92819b9ef6d7a6ee65c76e84642dc08553672664672cb9b95c767fe993e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950  per nag (plek vir 4) 1 5 1 5 1 Kinderstrand Street Itongasi 3 4278 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 09:00 -31.0120113 30.2557468
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!