Jagerskraal Guest Farm

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Jagerskraal Guest Farm bied selforg-houthuisies 45 km buite Laingsburg en 2 km van die N1 af in die Wes-Kaap.

Jagerskraal Guest Farm beskik oor 9 losstaande houthuisies. Vier van die huisies deel 'n gemeenskaplike kombuis en badkamer. Die eerste 5 het slaapplek vir 2 tot 6 gaste en het elkeen 'n oopplan-kombuis met 'n vrieskas-yskas, tweeplaat-gasstoof, die nodige toebehore, eetgerei en breekware, en 'n sitkamer- en eetkamer.

Die informele houthuisies is vernoem na plaaslike bokke en is gemik op besoekers wat op soek is na ongekunstelde verblyf. Elkeen van hierdie huisies bied gerieflike slaapplek vir 2 persone, is toegerus met 1 dubbelbed of 2 enkelbeddens en deel 'n volledig toegeruste kombuis en ablusiegeriewe met storte. Laasgenoemde is by die konferensielokaal op die perseel geleë.

Jagerskraal Guest Farm het geriewe vir tot 100 persone vir funksies, konferensies en sosiale geleenthede - daar is 'n binnebraai, tafeltennis, 'n pooltafel en 'n veerpyltjiebord. Gaste is natuurlik meer as welkom om af te koel in die swembad en die kinders kan lekker baljaar op die trampolien.

Veilige parkeerplek is beskikbaar en die volgende doendinge is beskikbaar op die perseel: 4x4-roetes, vierwielmotorfietsritte, trekkerritte en besigtiging van plaasdiere en wild. Let asb. daarop dat daar 'n 2 km grondpad is wat na die verblyf lei, maar die pad is in 'n goeie toestand.

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Jagerskraal Guest Farm gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R500 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za