LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Jakaranda Vakansie Woonstel 11 | LekkeSlaap
+14

Jakaranda Vakansie Woonstel 11

5 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lilliecrona-boulevard 2, Jakaranda Holiday Flats 11, Beacon Rocks, 4270, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R500 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Jakaranda Vakansie Woonstel 11 is 'n gesogte selfsorgwoonstel vir 4 mense teenaan die see in Uvongo, net 200 m van die Uvongo-pier en swem-strand af. Daar is minder as 10 trappe na die eerste verdieping.

Die woonstel bied 'n asemrowende uitsig oor die see en beskik oor 2 slaapkamers met plafonwaaiers, 2 badkamers, 'n moderne kombuis en 'n sitkamer met toegang tot 'n privaat balkon waar walvisse en dolfyne die panorama see-uitsig afrond. Die hoofslaapkamer bied ook toegang tot die balkon en het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en is langsaan die gesinsbadkamer met 'n bad, stort en 'n toilet.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas, skottelgoedwasser en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Gaste kan hul maaltye by die etenstafel geniet. Die sitkamer het 'n TV met gratis premium-pakket DSTV, 'n DVD-speler met ’n USB-poort en toegang tot die balkon. 'n WiFi-versender is beskikbaar, maar gaste moet asb. hul eie simkaart met data saambring. Toegang na die strand reg oorkant die woonstel is net 'n paar tree weg.

Die kompleks het 'n elektriese heining en hek en veilige onderdakparkeerplek vir 1 voertuig. Gaste kan die gemeenskaplike braaigeriewe gebruik en daar is 'n wassery en skoonmaakdienste op die perseel teen 'n ekstra koste. Daar is 2 uitgange na die strand aan die voorkant van die woonstel wat met 'n kode beheer word.

Slaapplek

’n Bespreking by Jakaranda Vakansie Woonstel 11 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 5 resensies vir Jakaranda Vakansie Woonstel 11
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Lilliecrona-boulevard 2, Jakaranda Holiday Flats 11, Beacon Rocks, 4270, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Jakaranda Vakansie Woonstel 11 het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R500
per nag (plek vir 4)
Vanaf R500
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lilliecrona-boulevard 2, Jakaranda Holiday Flats 11, Beacon Rocks, 4270, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA130340e519422573c7a2bc7e98ff87a4551aded285837a763d7590b5418f0dca534d894ffd3f5a92690ad3d9cbae746f6688?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R500  per nag (plek vir 4) 5 5 1 5 2 Lilliecrona Boulevard Jakaranda Holiday Flats 11 4270 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -30.838241281132 30.394548475742
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!