Jakkalsdraai Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Jakkalsdraai Guest House bied gerieflike verblyf in 'n moderne gastehuis in 'n Victoriaanse styl. Dit is in die hartjie van Potchefstroom geleë, naby die Noord-Wes Universiteit en die Mooirivier Mall.

Daar is 7 kamers, waarvan 6 en suite-badkamers en 1 'n aparte badkamer het. Drie van die 7 kamers is selfsorgkamers: 'n tweeslaapkamerkothuis, gesinskamer en rolstoelvriendelike kamer. Die kamers is ingerig met wit linne, handdoeke, TV's met sekere DStv-kanale en koffie- en teemaakgeriewe. Die kamers word daagliks skoongemaak.

Soggens kan gaste 'n warm ontbyt in die eetarea geniet (bespreek asb. vir ontbyt). Hulle kan gerus ook gebruik maak van die swembad en braaigeriewe op die perseel. Veilige parkeerplek word ook voorsien.

Potchefstroom is 'n universiteitsdorp aan die oewer van die Mooirivier, en dit is ongeveer 120 km vanaf Johannesburg en 51 km van Klerksdorp af. Potchefstroom het voetslaanpaaie, nasionale monumente, dierparke, historiese museums, natuurparke en die Aardklop Nasionale Kunstefees word jaarliks hier gehou.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Jakkalsdraai Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R500 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false