Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Jakkelsroep Akkommodasie

Kliek op enige tarief om 'n meer volledige prysberekening te sien.

Prys sluit in
Eenheid 1
Selfsorg
Eenheid 2
Selfsorg
Staanplek 1
Staanplek 1 - Kampering - Gaste moet hul eie toerusting saambring.
Staanplek 2
Staanplek 2 - Kampering - Gaste moet hul eie toerusting saambring.
Breekskadedeposito

'n Terugbetaalbare breekskadedeposito van R500 moet direk aan die eiendom betaal word.

Huisreëls

Om te verseker dat alle gaste hul verblyf geniet, geld die volgende reëls en regulasies. Lees dit noukeurig deur en weet dat alle reëls te alle tye nagekom moet word.

1. 'n Klein troeteldier word toegelaat solank reëlings vooraf getref word. Die troeteldier moet te alle tye aan 'n leiband wees aangesien dit 'n oop area is wat gereeld deur die wild besoek word. Die troeteldier word nie op die beddens en/of meubels toegelaat nie en benodig sy/haar eie troeteldierbed, indien 'n kat, moet eie "litter box" verskaf. 'n Skoonmaak fooi van R200 word gevra vir gaste wat troeteldiere saambring.
2. Rook binnenshuis verbode. Gebruik asb. die asbakkies wat buite voorsien word. Geen stompies mag in veld gegooi word nie.
3. Reg van toegang voorbehou en die gebruik van geriewe is onderhewig aan gaste se nakoming van die reëls. Enige gas wat die reëls verontagsaam, onvanpas optree of enige kennisgewingbord op die plaas ignoreer, sal gevra word om te vertrek.
4. Toegang tot en gebruik van enige geriewe in of op die perseel is op eie risiko en die gas vrywaar die eienaar en enige personeellid van enige skade, verlies of besering van watter aard ook al wat enige gas of troeteldier van hom/haar mag ly.
5. Die eienaar behou die reg voor om enige gas, wat doelbewus eiendom, bome of plante beskadig, te vra om te vertrek.
6. Die plonspoel en swembad is nie omhein nie en gaste gebruik dit op eie risiko. Kinders moet te alle tye deur 'n verantwoordelike volwassene vergesel word.
7. Geen alkohol, glas of kos word in die plonspoel of swembad toegelaat nie. Geen voertuie word op die gras rondom die swembad toegelaat nie.
8. Geen motorfietse, vierwielmotorfietse, elektriese bromponies, hommeltuie of vuurwerke word toegelaat nie.
9. Geen geraas en geen musiek word na 22:00 toegelaat nie. Gaste se musiek en stemme mag net in hul eie eenheid hoorbaar wees en moenie ander gaste steur nie.
10. Gaste moet versigtig bestuur en nie die spoedgrens van 20 km per uur oorskry nie. Privaat voertuie word nie by die hoofhuis op die plaas toegelaat nie. Slegs een afdak per voertuig by die eenheid 1 en 2.
11. Vure word slegs in die aangewese braai-area toegelaat.
12. Slegs dagbesoekers vir wie daar reëlings getref is, word toegelaat. Dagbesoekers word as 'n ekstra bespreking hanteer en 'n daaglikse tarief per persoon en per ekstra voertuig, soos aangedui in die tariewelys, sal gehef word. Reëlings en betaling vir dagbesoekers moet voor die tyd met die eienaar getref word.
13. Wilde diere mag onder geen omstandighede gevoer word nie.
14. Die eenheid moet asseblief gelaat word soos dit ontvang is.
15. Met vertrek moet gaste alle ligte sowel as die lugversorging afskakel, die eenheid sluit en die sleutels in die deur los.

Kansellasiebeleid - Matig
Meer as 1 maand voor die inkloktyd 100%van die deposito word terugbetaal
Meer as 1 week voor die inkloktyd 50%van die deposito word terugbetaal
Minder as 1 week voor die inkloktyd 0%van die deposito word terugbetaal
Vanaf R580
R580 R435
per nag, vir 2 mense
Vanaf R580
R580 R435
per nag, vir 2 mense
Vanaf R580
R580 R435
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 24 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 76, Kloppersbos, Pretoria, 0183, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA306c4b46a38fe0b1ce96d6a6ec90bb9e8b3045e55d9347072dca4d18d2f80afef521585d4e88ac00c643a02b6636fb760e4e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R580 nouVanaf R435 per nag, vir 2 mense 66 5 1 5 Farm 76 Kloppersbos 0183 Gauteng 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -25.492675768882 28.414723969411
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem