Jasmine Cottages

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Jasmine Cottages is in Smithfield, 'n dorpie in die Vrystaat, geleë. Verblyf word gebied in 'n kothuis, wat afsonderlik van die eienaar se huis is, en 'n kamer in die hoofhuis is. Dit het 'n aparte ingang om gaste se privaatheid se verseker.

Jasmine Cottage bied slaapplek vir 3 gaste en het ook 'n privaat ingang. Daar is 'n dubbelbed in die slaapkamer en 'n enkelbed in die leefarea. Die badkamer het 'n stort. Die kothuis is vir selfsorg toegerus en beskik oor 'n stoof, oond, yskassie, ketel en mikrogolf. Lugversorging is beskikbaar, asook 'n platskerm-TV met DStv (Premium-pakket).

Die koninginkamer in die eienaar se huis is pragtig gemeubileer en het 'n koningingrootte-bed en 'n volledige privaat badkamer.

Gratis toiletware word voorsien en ekstra handdoeke is in die kas beskikbaar. Verskeie koeldranke, bier, wyn en ander drankies in die yskassie is teen kosprys beskikbaar.

'n Kontinentale ontbyt met vrugte, snoephappies en ontbytpap word gratis bedien. 'n Buikflessie vol Hanepoot-wyn of Sjerrie word ook voorsien. Ligte etes is beskikbaar, mits dit vooraf gereël word.

Veilige parkeerplek, 'n braai-area en houtskool, en gratis WiFi is beskikbaar. Gaste kan gerus van die telefoon gebruik maak vir landlyn-oproepe in Suid-Afrika. Troeteldiere word toegelaat, mits dit vooraf gereël word. 'n Wasgoeddiens is ook beskikbaar.

Ons is besig om 2 nuwe kothuise te bou wat dekor en dienste van dieselfde standaard sal bied.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  DVD-speler
  •  Televisie

Maaltye Aangebied

  •  24-uur Kamerbediening
  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Jasmine Cottages gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R500 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]