Jesser Point Boat Lodge - Sodwana Bay

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Jesser Point Boat Lodge is in die ongekunstelde vakansiedorpie Sodwanabaai geleë. Dit bied gerieflike verblyf in selfsorgwoonstelle met stoorspasie vir jou boot. Die ontspanningsarea is 'n plek waar die hele gesin saam kan kuier en daar is 'n verskeidenheid geriewe wat almal gelukkig sal hou.

Jesser Point is ontwikkel met gemak in gedagte. Die verblyf bestaan uit woonstelle met lugversorging en gaste kan rustig slaap met die wete dat daar 24 uur-sekuriteit is.

Elke woonstel is smaakvol versier, het 'n volledig toegeruste fynproewerskombuis, gemaklike sitkamer en 'n patio met braaigeriewe. Elkeen beskik ook oor 'n platskerm-TV met volledige DStv vir diegene wat graag hul gunsteling sportwedstryd wil kyk. Die woonstelle word daagliks skoongemaak.

Gaste kan by die swembad ontspan, kinders kan lekker in die sandput of speelgrond speel en daar is ook 'n pooltafel, veerpyltjiebord en tafeltennis om seker te maak almal deel in die pret. Saans kan gaste rondom die kampvuur sit in ons Afrika-boma en die dag se visvang-stories deel. Sondwanabaai bied 'n hele rits doendinge en besienswaardighede soos seeskilpadtoere, kus- en skiboot-visvang, skubaduik, vlieërbranderry, walviskyk, branderplankry, spiesvisvang, mikrovliegtuigvlugte, snorkel, voëlkyk en nog baie meer.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Jesser Point Boat Lodge - Sodwana Bay gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 340 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za