Jonkershoekweg Tuinwoonstel

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Jonkershoekweg Tuinwoonstel is 'n stylvolle selfsorgwoonstel op die eienaar se perseel in Stellenbosch. Dié woonstel is naby verskeie historiese besienswaardighede, wynproelokale en landgoedere in die Kaapse Wynlande.

Dié woonstel het 'n privaat ingang en bestaan uit 1 slaapkamer en 1 badkamer. Die slaapkamer het 2 driekwartbeddens en die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die kombuisie het 'n yskas, mikrogolfoond, broodrooster, ketel en 'n elektriese plaat. Gratis WiFi en DStv is ook beskikbaar.

Op die stoep is daar 'n tafel en 'n Weber-braai wat gaste kan gebruik, en dit word deur die skaduryke pekanneut- en vyebome bedek. Veilige parkeerplek is vir 1 voertuig beskikbaar. Jonkershoekweg Tuinwoonstel is ook naby koffiewinkels, restaurante en kroeë.

Die eiendom is ook net 10 minute se ry vanaf die Jonkershoek Natuurreservaat en berge, asook ander natuurreservate.

Toegang tot die swembad is op versoek beskikbaar.

Slaapplek

'n Bespreking by Jonkershoekweg Tuinwoonstel sluit in:

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Klein Kombuis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Jonkershoekweg Tuinwoonstel gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za