Jovali

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Jovali is op 'n 4 hektaar-perseel in die Clarens-omgewing geleë net 8 minute van die dorp af. Verblyf word aangebied in 2 privaat selfsorg-eenhede. Die uitstekende toegang, gerief, ruimte en privaatheid maak Jovali die ideale bestemming om te kom ontspan.

Elke eenheid het slaapplek vir 2 tot 3 gaste en 'n kamer met 'n uitsig en 'n luukse koningingrootte-bed. Daar is ook 'n dagbed, 'n sitkamer met 'n TV met volledige DStv, 'n tafel met 4 stoele, en 2 gemaklike leunstoele. Die kombuis is ten volle toegerus is met 'n stoof, mikrogolfoond en yskas. Daar is 'n luukse badkamer met 'n bad, stort en verwarmer. 'n Weber-braai met houtskool is beskikbaar.

Kom geniet 'n koppie koffie en varsgebakte beskuit op die stoep, terwyl jy kyk hoe die son opkom. Gaste sal Berg Horeb aan die linkerkant sien en as hulle gelukkig is sal 'n 'n wildsbok sy verskyning in die veld maak.

Daar is plaaspaaie wat na die Klein Caledonrivier lei. Saans word gaste omring deur 'n sterrehemel en die stilte sal gaste toelaat om heeltemal te ontspan.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Jovali gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za