JoziStay - 58 Savannah Lodge Apartment

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

JoziStay - 58 Savannah Lodge Apartment is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Honeydew Manor, Roodepoort. Die kompleks is naby al die hoofpaaie en inkopiesentrums.

Dié woonstel bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 1 slaapkamer en 1 badkamer. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en daar is 2 enkelbeddens in die leefarea. Die badkamer het 'n stort-oor-bad, wasbak en 'n toilet. Die oopplan-kombuis het al die basiese toebehore om maaltye te kook. Daar is ook 'n wasmasjien.

Die leefarea langs die kombuis het 'n TV met Netflix. WiFi is op versoek beskikbaar. Die leefarea lei na 'n klein patio met 'n tafel vir 4 en braaigeriewe. Veilige parkeerplek is beskikbaar.

Die kompleks is ongeveer 23 km vanaf Lanseria Internasionale Lughawe, 6 km vanaf die Eagle Canyon Gholflandgoed en 54 km vanaf O.R. Tambo Internasionale Lughawe.

Slaapplek

'n Bespreking by JoziStay - 58 Savannah Lodge Apartment sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Area 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na JoziStay - 58 Savannah Lodge Apartment gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R930 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za