LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Kalkfontein Gaste Plaas | LekkeSlaap
+28

Kalkfontein Gaste Plaas

6 resensies
Gastehuis
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kalkfontein Plaas, Vanaf R353, Leeu Gamka, 6970, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 600 per nag (vir 10 persone)

Beskrywing

Kalkfontein Gaste Plaas is ongeveer 4,5 uur se ry van Kaapstad af en ongeveer 6 uur van Bloemfontein af. Dit kan 10 mense in 3 slaapkamers akkommodeer en het 'n lekker plonspoel vir die warmer Karoo-dae. Kalkfontein is reeds sedert 1934 in die Hattingh-familie. Gert en Julia Hattingh is die derde generasie wat op die wonderskone Karooplaas woon en sal jou vriendelike gasheer en -vrou wees. Kom skop jou skoene uit en ervaar ware Karoogasvryheid wat in oorvloed voorsien word.

Die eenheid bestaan uit 3 slaapkamers. Elke slaapkamer is toegerus met twee enkelbeddens wat omskep kan word in dubbelbeddens en ekstra beddens in die leefkamer. Daar is 'n vol badkamer met stort, bad, toilet en wasbak en ook 'n aparte toilet met wasbak. Die huis het 'n groot leefarea met 'n binnenshuise braai en 'n buite-braai. Die kombuis is ten volle toegerus met 'n stoof, yskas, mikrogolf, eetgerei en breekware vir 8 mense. Die leefarea het 'n TV met DStv.

Kalkfontein is gerieflik naby die N1 tussen Kaapstad en Gauteng geleë en dit bied die ideale geleentheid vir gaste om dorpies in die omliggende omgewing te besoek. Merweville is 'n klein dorpie, welbekend vir sy jaarlikse kerkbasaar in Mei. Die gewilde Logan Dramafees word jaarliks in Augustus in Fraserburg gehou.

Jagpakkette sluit koedoes, gemsbokke, springbokke en blesbokke op versoek in. Jagters moet bespreek vir minstens twee nagte se akkommodasie. Jag word nie op Sondae toegelaat nie en 'n maksimum van 5 jagters word per bespreking toegelaat.

Slaapplek

’n Bespreking by Kalkfontein Gaste Plaas sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed Enkelslaapbank
Slaapkamer
Plek vir 10 persone
6 xEnkelbed / Driekwartbed
4 xEnkelslaapbank

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 6 resensies vir Kalkfontein Gaste Plaas
Netheid
5.0/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Kalkfontein Plaas, Vanaf R353, Leeu Gamka, 6970, Wes-Kaap
  • Gaste dink Kalkfontein Gaste Plaas het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Groot-Karoo Wes-Kaap
Vanaf R2 600
per nag (vir 10 persone)
Vanaf R2 600
per nag (vir 10 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kalkfontein Plaas, Vanaf R353, Leeu Gamka, 6970, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAGgSTokKjfWMNBkjpxnmseqErVns7uOwCMRJwizJOuffDB80qZ6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 600  per nag (vir 10 persone) 6 5 1 5 Kalkfontein Farm Off the R353 6970 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -32.315629126299 21.764564571533
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!