Kareedoringkraal

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kareedoringkraal is 'n veeplaas in die middel van die Moordenaarskaroo en bied selfsorgverblyf in 'n huis met slaapplek vir 8.

Dié plaashuis het nie elektrisiteit nie, maar wel 'n sonpaneel vir beligting en 'n donkie vir warm water. Die huis het 3 kamers wat 'n badkamer met 'n stort en bad deel. Die kamers het 'n dubbelbed en enkelbeddens en elke bed het 'n duvet, 2 komberse en kussings.

Die kombuis is toegerus met 'n gasyskas, 'n AGA-houtstoof, gasstoof, eetgerei en breekware. Braaipakke is op versoek teen 'n addisionele koste beskikbaar. Neem kennis dat die plaas nie selfsoonsein het nie. WiFi is beskikbaar by die hoofplaasopstal, 3 km van gastehuis af.

Gaste kan die ruim braai-area gebruik en hout word voorsien vir elke aand se verblyf. Ekstra hout is op versoek teen 'n ekstra koste beskikbaar.

Skaap, vee, koedoes, duikers, vaalribbokke, springbokke en ander kleiner wild loop vrylik rond en gaste sal hulle dalk selfs naby die plaashuis gewaar. Gaste kan die plaas ook te voet verken, voëlkyk of 1 van die 4x4-roetes verken. Ons netjiese paaie is selfs geskik vir bergfietse.

Kareedoringkraal kan maklik via 'n grondpad bereik word met 'n bakkie, sportnutsvoertuig of enige voertuig met 'n hoe grondvryhoogte. Die plaas is sowat 60 km vanaf Matjiesfontein, 60 km vanaf Laingsburg en 70 km vanaf Sutherland en kan met 'n grondpad bereik word vir 'n sterrekyk-ervaring.

Slaapplek

'n Bespreking by Kareedoringkraal sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 volwassenes en 1 kind
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Kinderbedjie

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Fietsry
  •  Wildkyk

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kareedoringkraal gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (vir 8 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za