- Kapasiteit: 30 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Van Riebeeckstraat 30, Barrydale, Karoo, 6750, Wes-Kaap
- Vanaf R1 720 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Karoo Art Hotel is 'n eksentrieke, ontspannende en verwelkomende plattelandse hotel in die Klein-Karoo op die pragtige Roete 62 tussen Kaapstad en Oudtshoorn of Kaapstad en die Tuinroete, in die plattelandse dorpie Barrydale. Hierdie bekoorlike hotel beskik oor die belangrikste bestanddeel: hartlike, tradisionele Karoo-gasvryheid.
Die 15 kamers is almal individueel versier en sommige het pragtige uitsigte oor die dorpie. Karoo Art Hotel bederf gaste met Karoo-gasvryheid en 'n plattelandse ervaring met 'n verskil wat interessante kuns en kleurvolle dekor insluit.
Dit maak ook nie saak watter kamer gaste kies nie, die volgende luukshede is gewaarborg: uitmuntende matrasse, sagte perkallinne en vuurwarm storte. Al die kamers, behalwe die Garden Suite, is op die eerste verdieping geleë met uitsigte van die balkonne af oor die dorpie of die tuin. Ander geriewe in die kamers sluit in: badkamers met storte en baddens of net storte, waaiers, gasverwarmers, elektriese komberse, haardroërs, WiFi en koffie- en teemaakgeriewe.
Die restaurant is oop vir ontbyt en aandete, en bedien fantastiese plattelandse geregte. Die hotel is 'n lid van die internasionale kosgilde, Chaine des Rotisseurs, en het sigself deur die jare gevestig as een van die gewildste bestemmings op Roete 62 - 'n ware Klein-Karoo-kos- en wynervaring.
Gaste is mal daaroor om 'n drankie by die kroeg te geniet wat al sedert 1888 die hartklop van die dorpie is. Daar is gereeld musiek-optredes saans wat jonk en oud vermaak. Die tuine en groot swembad is ideaal vir daardie warm somersdae. In die winter sit gaste by die sitkamer voor die kaggel en geniet 'n glasie Klein-Karoo-port.
Barrydale is naby die bekende Tradouwpas, Warmwaterberg se warmwaterbronne, Barrydale Kelder, Joubert-Tradouw Privaatkelder en die bekende Ronnie's Sex Shop. Ander aktiwiteite sluit voetslaan, bergfietsry, vierwielmotorfietsry, perdry en nog baie meer in.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Middagete
- Tee
Konferensiegeriewe
- Wegbreekkamers
- Dataprojektor
- Blaaibord
- Internet
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
- Plek vir tot 30 afgevaardigdes
- Plek vir tot 50 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Suzette Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 56
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Van Riebeeckstraat 30, Barrydale, Karoo, 6750, Wes-Kaap
- Gaste dink Karoo Art Hotel het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 30 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Van Riebeeckstraat 30, Barrydale, Karoo, 6750, Wes-Kaap