Plettenbergbaai Akkommodasie by Keurboomstrand Holiday Cottage | LekkeSlaap
+12

Keurboomstrand Holiday Cottage

1 resensie
Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Gardenstraat 4, Keurboomstrand, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 200 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Keurboomstrand Holiday Cottage is 'n knus selfsorghuis, ideaal geleë in die rustige vakansiedorpie, Keurboomstrand, naby Plettenbergbaai. Dié huis is in 'n tuin geleë, omring deur inheemse bome en blomme. Dit is net 15 minute se ry weg vanaf Plettenbergbaai se winkels, markies en restaurante. Daar is ook 'n kroeg en 'n restaurant net 5 minute se stap van die huis af, en die pragtige, ongerepte strand is net 2 minute se stap hiervandaan.

Keurboomstrand Holiday Cottage het slaapplek vir altesaam 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 2 badkamers en 'n kombuis, eetkamer en 'n leefarea. Die beste deel van die huis is die boonste stoep tussen die boomtoppe. Die eerste en tweede slaapkamer beskik elk oor 'n dubbelbed. Die derde en vierde kamers beskik elk oor 2 enkelbeddens. Ekstra matrasse kan voorsien word vir kinders. Daar is ook 'n kot beskikbaar vir babas en sekuriteitshekke by die trappe.

Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n wasmasjien, 'n skottelgoedwasser, 'n mikrogolfoond en 'n yskas. Alles is nuut en in 'n goeie werkende toestand. Die sitkamer en eetarea het 'n yskassie. Die leefarea lei na 'n groot balkon met baie sitplek, braaigeriewe en 'n uitsig oor die boomtoppe. Hierdie is 'n ware toevlugsoord, waar vriende of gesinne kan ontspan na 'n lang dag op die strand. Daar is 'n addisionele ingeboude braai in die tuin. Parkeerplek van die straat af vir 4 motors is beskikbaar.

Slaapplek

’n Bespreking by Keurboomstrand Holiday Cottage sluit in:

Dubbelbed Ekstra enkelmatras
Slaapkamer 1
Plek vir 3 persone
1 xDubbelbed
1 xEkstra enkelmatras
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 1 resensie vir Keurboomstrand Holiday Cottage
Netheid
3.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Gardenstraat 4, Keurboomstrand, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Gaste dink Keurboomstrand Holiday Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 8)
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Gardenstraat 4, Keurboomstrand, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDFkNWI3NmNkLTRlZmItNDI4NC1iNWIwLWRhMDBhNmNhZGQyMQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 200  per nag (plek vir 8) 1 5 1 5 4 Garden Street Keurboomstrand 6600 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-19:00 10:00 -34.002575943431 23.458837198742
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za