Hibberdene Akkommodasie by Khaya La Manzi Guest Lodge | LekkeSlaap
+53

Khaya La Manzi Guest Lodge

Langtermynverblyf-aanbod 30% af

Kry 30% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vanaf 24 Feb 2020 tot 30 Nov 2020.

  • Kapasiteit: 21 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Riviera-snelweg 157, Hibberdene, 4220, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R690 R483 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

South Coast Venues bied gerieflike verblyf tussen Durban en die Wildekus in Hibberdene teen die Suidkus van KwaZulu-Natal. Dié lodge is sowat 130 km vanaf King Shaka Internasionale Lughawe geleë en bied 'n 180°-uitsigte oor die Indiese Oseaan.

Khaya La Manzi Guest Lodge bied verskeie verblyfsopsies. Daar is 3 enkel-eenhede, elk met lugversorging, 'n koninggrootte-bed, 'n en suite-badkamer, kombuisie en 'n privaat ingang wat na die beskutte tuin lei. Die eerste gesinsuite bied ook 'n privaat ingang wat na die binnehoftuin lei. Die tweede gesinsuite het 'n aparte ingang met gedeeltelike see-uitsigte en front noord. Elke gesinsuite is ingerig met 'n koninggrootte-bed, 2 enkelbeddens in die solderkamer, 2 badkamers en 'n kombuisie, asook 'n sit- en eetarea.

Die hooflodge bied 3 seefrontende kamers, waarvan 2 op die onderste verdieping en die ander 1 op die boonste verdieping is. Daar is 3 badkamers, 2 sitareas, 'n kombuis en 'n eetarea. Buite is daar houtdekke waar gaste kan staan en oor die see uitkyk. Die eenheid is nie altyd beskikbaar nie.

Op die perseel, langs die hooflodge, is 'n dubbelverdiepinggebou met 4 eenhede wat na die see front. Die eerste eenheid op die boonste verdieping het 'n koninggrootte-bed, 'n en suite-badkamer met 'n bad, en 'n kombuisie, terwyl die tweede eenheid 2 slaapkamers, 'n volledige badkamer en 'n oopplan-kombuis, -sitarea en -eetarea het. Die eerste eenheid op die grondvloer het 'n dubbelbed, 'n en suite-badkamer en kombuisie, terwyl die 2de grondvloereenheid oor 2 slaapkamers, 'n badkamer met 'n stort, volledige kombuis, 'n sitarea en 'n eetarea beskik. Albei hierdie eenhede het 'n buitedek met braaigeriewe.

Ander geriewe sluit 'n lokaal vir funksies, konferensies, 'n swembad en veilige parkeerplek vir al 3 eenhede in.

Let asb. dat die minimum besprekings op al die akkommodasie van toepassing is. Geen enkelaand-besprekings nie.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Drankies ingesluit
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • DVD-speler
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 23 resensies vir Khaya La Manzi Guest Lodge
Netheid
4.3/5
Diens
4.3/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
4.4/5
Waarde vir geld
4.2/5

Ligging

  • Riviera-snelweg 157, Hibberdene, 4220, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Khaya La Manzi Guest Lodge het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R690
Vanaf R483
per nag (plek vir 2)
was R690
Vanaf R483
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 21 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Riviera-snelweg 157, Hibberdene, 4220, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGY2ZjU3YWVhLWUyZmUtNGZkMy1hNDY2LWY2OTY4NmQ4MGQwMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R690, nou Vanaf R483  per nag (plek vir 2) 23 5 1 5 157 Riviera Highway Hibberdene 4220 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -30.574731928637 30.572724938393
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za