Khaya Umdani

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die grondgebied rondom Khaya Umdani maak deel uit van Marloth Park. Dié 2500 hektaar landgoed is geleë tussen die Kruger Wildtuin in die noorde en die landgoed se eie wildpark, Lionspruit in die suide.

Khaya Umdani het plek vir 10 gaste in 5 luukse en suite-kamers. Elke kamer is ingerig met lugversorging en daar is 'n sitkamer met 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale en 'n DVD-speler, 'n eetkamer, 'n volledig toegeruste kombuis en 'n waskamer met 'n skottelgoedwasser. Daar is 'n groot veranda met 'n uitsig oor die swembadjie, 'n watergat en die braaiplek.

Wilde diere dwaal vry rond binne die bewaringsgebied, maar die diere van die Kruger Wildtuin en Lionspruit word met 'n heining weggehou. Die doel van die heinings is basies om leeus, seekoeie, olifante en renosters uit die bewoonde area te hou. Daar is egter geen waarborg dat hierdie diere nie Marloth Park sal betree nie.

By Lionspruit kan die Groot 5, behalwe die olifant, waargeneem word tydens selfbestuur-ritte, of tydens professionele wildkykritte. Die besoekers word toegelaat om uit hulle motors te klim en daar is 'n paar aangename piekniekplekke waar 'n sjampanje-ontbyt in die bosveld geniet kan word.

Deur by Khaya Umdani oor te bly, bring jou so na aan die natuur soos wanneer jy in 'n boom in die Kruger Wildtuin slaap. Die enigste verskil is dat jy al die geriewe van 'n lodge geniet.

Slaapplek

'n Bespreking by Khaya Umdani sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Kamergeriewe

  •  Klein Kombuis

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Khaya Umdani gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R5 000 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za