Kibler Bontle Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kibler Bontle Guest House bied gerieflike B&B-verblyf in 'n veilige en rustige gastehuis in die voorstad van Kibler Park. Dit is na aan die Southdowns Country Club en gholfbaan.

Verblyf word aangebied in 2 en suite-kamers met 2 enkelbeddens in elk en nog 2 kamers met 2 enkelbeddens elk met toegang tot 'n aparte, gedeelde badkamer. Daar is ook 'n en suite-dubbelkamer. Al die kamers het tee- en koffiemaakgeriewe, TV's met sekere DStv-kanale, lugversorging en verwarmers. Ontbyt word elke oggend bedien en middagete en aandete kan gereël word op versoek. Gaste geniet toegang tot 'n binnenshuise swembad, 'n kroeg, veilige parkeerplek, wasgoedgeriewe en buitebraaigeriewe.

Die gastehuis het ook 'n leesarea wat kan dien as 'n restaurant of konferensiesentrum. Daar is plek vir tot 15 afgevaardigdes so dit is dus ideaal vir 'n intieme sakevergadering. Die gastehuis is minder as 'n halfuur se ry vanaf Gold Reef City, die FNB Stadion, Soweto, Mandela House en die Hector Pieterson Memorial en Museum. Daar is verskeie nabygeleë restaurante. Doendinge in die omliggende area sluit in: voëlkyk, voetslaan, gholf, verfbal, mikroligtevliegtuigvlugte en inkopies. Plaaslike toergidse is ook beskikbaar vir pasgemaakte toere. Jou gashere, Tema en Rita Mogano, sal alles in hul mag doen om te verseker dat jou verblyf hier aan al jou verwagtinge voldoen.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kibler Bontle Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]