Kingfish Cove
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kingfish-weg 1147, Leisure Bay, 4278, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R3 100 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Kingfish Cove is 'n goed gemeubileerde gesinsvakansiehuis met manjifieke see-uitsigte. Die huis is ideaal vir onthaal of net ontspan en is in Leisure Bay geleë.
Dié vakansiehuis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 4 badkamers, 'n kombuis, leefarea en 'n swembad. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed sowel as 'n en suite-badkamer met 'n spa-bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die derde en vierde slaapkamers het albei 2 enkelbeddens. Die eerste en derde gedeelde badkamers het elk 'n stort, toilet en 'n wasbak en die tweede gedeelde badkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Al die slaapkamers het lieflike see-uitsigte en linne word voorsien.
Die oopplan-kombuis op die onderste verdieping is met 2 yskas-vrieskaste, 'n gasstoof, oond, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die opwaskamer het 'n wasmasjien, tuimeldroër en 'n skottelgoedwasser. Die kombuistoonbank dien ook as 'n etenstafel met stoele en hierdie area strek na die leefarea met 2 gemaklike rusbanke en 'n platskerm-TV. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die tweede leefarea op die boonste verdieping het 'n sitkamerstel en die glasstapeldeure lei na die groot balkon met 'n etenstafel en stoele, braaigeriewe en 'n klein swembad. Die verblyf het 2 buitestorte en veilige parkeerplek is in die toesluitmotorhuis beskikbaar.
Slaapplek
’n Bespreking by Kingfish Cove sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.8/5
Debbie Geverifieer
Eiendomme 19
Resensies 12
Jare op LekkeSlaap 4
Ligging
- Kingfish-weg 1147, Leisure Bay, 4278, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Leisure Bay Port Edward Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kingfish-weg 1147, Leisure Bay, 4278, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom