George Akkommodasie by Kingfisher's Nest | LekkeSlaap
+44
+44

Kingfisher's Nest

  • Vanaf R1 600 per nag (plek vir 10)
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Spreeustraat 9, Eden, George, 6529, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Kingfisher's Nest bied verblyf in 'n stil area, Eden, in George. Dit is in die oostelike deel van die dorp, naby die Tuinroetedam en aan die voet van die Outeniekwabergreeks geleë. Dis die ideale verblyf vir gesinne of groepe vriende.

Verblyf word in 4 slaapkamers op die grondverdieping aangebied. Slaapkamer 1 het 2 enkelbeddens en 'n badkamer met 'n stort en 'n wasbak. Slaapkamer 2 het 2 enkelbeddens en 'n stapelbed wat 4 gaste kan akkommodeer. Slaapkamer 3 en 4 het ook elkeen 2 enkelbeddens. Slaapkamer 2 en 3 deel 'n badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Slaapkamer 4 het sy eie en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak.

Kingfisher's Nest het ook 'n groot, toegeruste kombuis, 'n gerieflike sitarea, eetarea, groot stoep en 'n vuurmaakplek. Die kombuis is met 'n gasstoof en elektriese oond toegerus. Die eetarea het sitplek vir 8 gaste en die kombuis het 6 kroegstoeltjies. Langs die kombuis is daar 'n opwaskamer met 'n wasmasjien, skottelgoedwasser en 'n dubbelwasbak.

Die verblyf is toeganklik vir mense in rolstoele wat hulp het, hou egter in gedagte dat daar 1 klein trappie in die stort is en 2 trappies is wat vanaf die kamers na die kombuis/sitarea/eetarea lei. Daar is egter genoeg spasie vir rolstoele om te beweeg.

Dubbeldeure lei na 'n groot stoep met ingeboude braaigeriewe waar gaste die uitsig kan geniet. Veilige parkeerplek is agter elektroniese hekke beskikbaar.

Kingfisher's Nest is net 'n klein entjie se ry van verskeie winkels, restaurante, natuurreservate en strande af.

Slaapplek

’n Bespreking by Kingfisher's Nest sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed Stapelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 4 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xStapelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Swembad
Jacuzzi
Troeteldiere indien gereël
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Rolstoelvriendelik

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 11 resensies vir Kingfisher's Nest
Netheid
4.8/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Spreeustraat 9, Eden, George, 6529, Wes-Kaap
  • Gaste dink Kingfisher's Nest het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 600
per nag (plek vir 10)

Sien meer verblyf in

George Wes-Kaap
Vanaf R1 600
per nag (plek vir 10)
VEILIGE BETALING VIA
LEKKESLAAP.CO.ZA
Vanaf R1 600
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Spreeustraat 9, Eden, George, 6529, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAcf65f126abd061e848b45e13f68aab1d8eb86ee67d4a1aaf31626e48e167c322ab880197e83810b17bed941f709d46f9b44e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 600  per nag (plek vir 10) 11 5 1 4.6 9 Spreeu Street Eden 6529 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.959637494174 22.494856084656
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za