Kirknewton

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kirknewton is in Mount Croix in Port Elizabeth geleë en bied gerieflike eenhede met slaapplek vir 2.

Verblyf word gebied in die Bayview-woonstel of die Courtyard-kothuis, wat elk ’n privaat terras het. Elke eenheid het 'n dubbelbed en 'n privaat badkamer. Tee- en koffiemaakgeriewe, WiFi en braaigeriewe is beskikbaar.

Die woonstelle se kombuise is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus en eiers, muesli, jogurt, melk en Woolworths-croissants word voorsien. Maaltye kan by die etenstafel met sitplek vir 2 geniet word.

Rook is verbode in die eenheid en daaglikse skoonmaakdienste is beskikbaar. Strykdienste word ook gebied op versoek teen ekstra koste. Veilige parkeerplek is beskikbaar agter 'n hek wat met 'n afstandbeheer werk. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.

Kirknewton is net 1,5 km van Port Elizabeth se gholfklub, 3 km van die Greenacres Winkelsentrum en Netcare Greenacres Hospitaal af, en 7 km vanaf die Port Elizabeth Internasionale Lughawe.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Malaria-vrye streek
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Konferensiegeriewe

  •  DVD-speler
  •  Internet

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kirknewton gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R595 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za