Kirstenbos

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kirstenbos is op 'n kleinhoewe in die Mooivallei Park-area in Potchefstroom geleë. Dié B&B is 5 minute se ry van Noordwes-Universiteit af en is naby mediese- en sportgeriewe in Potchefstroom geleë.

Dié 2 kamers is individueel versier en het elk 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is 'n yskassie, mikrogolfoond, 'n TV met DStv, asook WiFi. Die kamers het tee- en koffiemaakgeriewe en eetgerei.

Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede kamer het 'n koninggrootte-bed. Voorsienning kan ook gemaak word vir 2 enkelbeddens in kamer 2. Elke kamer het 'n aparte ingang en stoep met sitplek wat 'n uitsig oor die bos bied.

Daar is 'n swembad en staproetes, asook veilige parkeerplek.
Gaste kan 'n Bos-ontbyt geniet wat bestaan uit vrugtesap, koffie, tee, jogurt, melk, muesli, vrugteslaai, brood, eier, 2 vleise en gebraaide tamatie. Ontbyt kan in die eetkamer of onder die bome bedien word.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kirstenbos gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R990 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za