Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Klein Karoo Game Lodge

Winteraanbod 15% af

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 1 Mei 2024 tot 31 Jul 2024.

  • Kapasiteit: 26 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R62, 15 km vanaf Oudtshoorn na Calitzdorp, Oudtshoorn, 6625, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 265 R1 075 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Klein Karoo Game Lodge is in 'n natuurreservaat buite Oudtshoorn in die hartjie van die Klein Karoo geleë. Verblyf by Klein Karoo Game Lodge word in 4 chalets gebied.

Chalet 1 beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n kombuis. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, wasbak en toilet. Die tweede en derde slaapkamer het elk 1 enkelbed en gaste in hierdie slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, gasstoof, ketel, breekware en eetgerei toegerus. Daar is ander geriewe soos 'n braai-area, gasgeiser en veilige parkeerplek op die perseel. Die eenheid maak gebruik van sonkrag en elektrisiteit.

Chalet 2 en 3 beskik elkeen oor 'n slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n oopplan-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Daar is 'n oopplan-sitarea en 'n kombuisie met 'n mikrogolfoond, yskas, stoof, breekware en eetgerei. Daar is ander geriewe soos 'n braai-area, gasgeiser en veilige parkeerplek op die perseel. Die eenheid maak gebruik van sonkrag en elektrisiteit.

Die vierde chalet het 'n slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n oopplan-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Daar is ook 'n oopplan-sitarea en -kombuis met 'n mikrogolf, yskas, stoof, breekware en eetgerei. Ander geriewe sluit 'n braai-area, gasgeiser en veilige parkeerplek in. Die eenheid maak gebruik van sonkrag en elektrisiteit.

Dan is daar ook 6 Lux-kamers met grasdakke. Elkeen van hierdie eenhede het 'n koninggrootte-bed wat omskep kan word in 2 enkelbeddens op versoek. Elke eenheid het ook 'n badkamer met 'n toilet, wasbak en stort. Elkeen van die Lux-kamers bied ook koffie- en teemaakgeriewe.

Elke eenheid het 'n stoep met 'n berg-uitsig, 'n kombuis met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, gasstoof, ketel, breekware en eetgerei, asook 'n privaat badkamer. Braaigeriewe is op die perseel beskikbaar.

Gaste kan voetslaan of fietsry op die plaas of wildkyk. Daar is 'n restaurant op die perseel wat toegang tot gratis WiFi bied.

Die plaas maak van sonkrag gebruik en ervaar dus nie kragonderbrekings nie.

Nabygeleë besienswaardighede sluit Meerkat Adventures, volstruisplase, die Kango-grotte, die Swartbergpas en Zipline in.

Aktiwiteite in die area sluit wildritte, fietsry, bergfietsry, swem, voetslaan, gholfspeel en belewenisse by die Klein Karoo-wynplase in die omgewing in.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 34 resensies vir Klein Karoo Game Lodge
Netheid
4.9/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • R62, 15 km vanaf Oudtshoorn na Calitzdorp, Oudtshoorn, 6625, Wes-Kaap
  • Gaste dink Klein Karoo Game Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 265
R1 265 R1 075
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 265
R1 265 R1 075
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 26 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R62, 15 km vanaf Oudtshoorn na Calitzdorp, Oudtshoorn, 6625, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3697853cf552b13a150463810838c9c204356506072bbd12d45adf3470303820d4a974ef047a7a570450e8b132abbe7052c0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 265 nouVanaf R1 075 per nag (plek vir 2) 34 5 1 5 R62 15 km from Oudsthoorn to Calitzdorp 6625 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.586655 22.03542