Klein Klippies
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 9 6th Avenue, Voëlklip, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Vanaf R1 300 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Klein Klippies is 'n bekoorlike selfsorgwoonstel met 'n privaat ingang, geleë op die eienaars se eiendom in Voëlklip, Hermanus. Dit is ideaal vir 'n paartjie of 'n sakereisiger wat 'n rustige kuswegbreek soek.
Hierdie woonstel bied slaapplek vir 2 volwassenes en bestaan uit 1 slaapkamer en 1 badkamer. Die slaapkamer is gemaklik gemeubileer met 'n dubbelbed en 'n klerekas, terwyl die badkamer met 'n stort, toilet en wasbak toegerus is. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die eenheid beskik oor 'n kombuis wat toegerus is met 'n eenplaat-gasstoof, ketel, eetgerei, breekware en 'n yskas-vrieskas. Daar is 'n knus sitkamer met 'n slim-TV wat die volledige reeks DStv-kanale bied waar gaste kan ontspan.
Buite is daar 'n privaat patio met 'n ingeboude braai en buitesitplek, wat asemrowende uitsigte oor die verre berge bied. Hierdie eiendom is net 'n kort entjie van die dorp se skilderagtige kranspaadjies, strande en lewendige restaurante af.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- 9 6th Avenue, Voëlklip, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 volwassenes
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 9 6th Avenue, Voëlklip, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang