10 gaste
3 slaapkamers
8 beds
2 badkamers
- 10 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Kleindoornrivier, Barrydale, 6750, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Kleindoorn Gastehuis is 'n tipiese Karoo-plaashuis, 28 km buite die dorpie Barrydale op 'n produserende plaas. Dit bied die ideale geleentheid om van die stadsgedruis te ontsnap. Gaste kan heerlik agteroor sit op die grasdakstoep met sy uitsig op die Swart- en Badsberge.
Gratis en onbeperkte WiFi maak ook van Kleindoorn Gastehuis die ideale "remote work" bestemming.
Die huis het slaapplek vir tot 10 gaste en matrasse kan vir kinders gereël word. Daar is 3 slaapkamers met deure, en 2 badkamers. Die eerste 2 slaapkamers het dubbelbeddens, en die derde kamer het 2 enkelbeddens. Daar is ook 2 slaapbanke, 1 in die stoepkamer en 1 in die leefvertrek vir ekstra gaste (let wel: dié vertrekke het nie deure nie). Daar is ekstra handdoeke en linne in die slaapkamer kaste.
Die huis se kombuisie sluit in 'n binnehuise braaiplek, mikrogolf, broodrooster, ketel, elektriese braaipan, mini oond met 2 plaat stofie, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware. Die binnebraai maak die hele huis lekker warm op koue wintersaande. Daar is ook 'n braai area buite met pragtige uitsigte oor die plaas. Tuisgemaakte boerewors en braaihout is op versoek beskikbaar indien dit vooraf gereël word.
Die krane bied vars drinkwater uit die bergstroompies.
Linne, handdoeke en vadoeke word voorsien. Toiletware, buiten toiletpapier, word nie voorsien nie.
Gaste het ook toegang tot die gebruik van 'n wasmasjien (let wel dat gaste hul eie waspoeier moet bring). Daar is 'n wasgoeddraad buite, voor die agterstoep.
Sekuriteitsmaatreëls in plek sluit in 'n brandblusser en 'n brandalarm.
Doendinge op die plaas: voetslaan, swem by die twee watervalle of in die plaasdamme, bergfietsry, 4x4 roetes, voëlkyk, sterrekyk, meditasie en joga. Gaste kan ook die boerdery aktiwiteite dophou.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Bertus Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 8
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Kleindoornrivier, Barrydale, 6750, Wes-Kaap
- Gaste dink Kleindoorn Gastehuis het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
Kleindoornrivier, Barrydale, 6750, Wes-Kaap
Sien kaart- 10 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang