Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kleinerivier Cottages

  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 56, Noll, Uniondale, 6460, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Kleinerivier Cottages is 2 selfsorg-eenhede op 'n werkende plaas wat geleë is tussen die Outeniekwa- en Kammanassieberge net anderkant die R62. Dis 75 km vanaf George, 85 km vanaf Oudtshoorn en 35 km vanaf Uniondale. Dit is perfek vir gaste wat opsoek is na 'n rustige wegbreekplek met landelike dekor sonder die stad se gedruis.

Romeo is losstaande en privaat, en het 1 slaapkamer met 2 enkelbeddens wat omskep kan word in 'n koninggrootte-bed en 'n badkamer met 'n stort. Die kombuis en eetarea is oopplan en geriewe sluit die volgende in: 'n yskas en mikrogolf, stoof en oond en oorgenoeg kasruimte om breekware en eetgerei te stoor. Die eetarea het 'n houttafel met stoele vir etenstyd. Daar is ook braaigeriewe en hout word voorsien.

Royal Beaut is 'n vrystaande eenheid met 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort en bad. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Verder is daar 'n kombuis en 'n toegeboude stoep met braaigeriewe. Die warmwatersisteem bestaan uit 'n donkie.

Die eiendom bied 'n reeks aktiwiteite, pragtige fynbos-staproetes, bergklim en fietsrypaaie wat wissel van roetes vir die beginner tot die meer ervare fietsryer. Kleinerivier Cottages vorm deel van die Tuinroete se Camino-pad. Hierdie roete is 234 km lank en neem 12 dae om te voltooi.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Malaria-vrye streek
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 41 resensies vir Kleinerivier Cottages
Netheid
5.0/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
5.0/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Amanda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 41

Jaar gelys 9

Ligging

  • Plaas 56, Noll, Uniondale, 6460, Wes-Kaap
  • Gaste dink Kleinerivier Cottages het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 56, Noll, Uniondale, 6460, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA07ba4ccbc49532140db11aa67021305a2a7dadcbf89f265c407d8722013a9654c357ae540ebb47e6080d0febadfc771bae26?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense 41 5 1 5 Farm 56 Noll 6460 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -33.774278146316 22.877950072289
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem