Klipfontein Bushcamp

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Klipfontein Bush Camp is op 'n plaas van 160 hektaar in die Kwena-kom 30 km buite Lydenburg geleë. Dit bied gehalteverblyf aan avonturiers en die plaas kyk oor die Kwena-dam en op die Steenkampsberge. Die boskamp is die ideale venue vir klein en informele konferensies, spanbou, groepswegbreke en familiesaamtrekke.

Die kamp bied slaapplek aan 16 gaste, maar word net aan 1 groep op 'n slag verhuur om privaatheid en rustigheid te verseker. 'n Minimum van 2 gaste word vereis om die kamp te bespreek.

Die boskamp bied 5 smaakvol versierde chalets met stoepies. Die gemeenskaplike ablusiegeriewe beskik oor 2 aparte badkamers. Elkeen het 'n stort, toilet en 2 wasbakke. Linne, handdoekies en toiletpapier word voorsien.

Die toevlugsoord het 'n ten volle toegeruste gaskombuis, onderdaklapa met 'n ingeboude braai en kroegarea waar gaste kan kuier. Die boma buite met 'n braai in die middel is die ideale plek om sterre te kyk. Daar is ook 'n derde braai-area onder die bome. Die kombuis, boma, lapa en badkamers word elke oggend skoongemaak. 'n Kragopwekker voorsien krag aan ligte snags en daar is nie kragpunte by die kamp nie. Vuurmaakhout is op versoek te koop.

Die instansie is in 'n afgeleë omgewing en is troeteldiervriendelik, maar daar is nie 'n ingeslote tuin vir troeteldiere nie. Troeteldiere moet ten alle tye onder toesig wees.

Gaste kan vleis voor die inklokdatum by die slaghuis op die dorp bestel. Dit sal op die inklokdatum by die kamp afgelewer word. Pioneer Butchery is die oudste slaghuis in Lydenburg en is bekend vir hulle bekostigbare en gehalteprodukte, soos boerewors, rissiekaaswors, lamskilpadjies, rump-sosaties en ander lekker vleisprodukte.

Nuwe voetslaanroetes van 10 km en 5 km het onlangs oopgemaak en gaste kan voëlkyk of in die natuur ontspan en die pragtige uitsigte geniet.

Slaapplek

'n Bespreking by Klipfontein Bushcamp sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 3 persone
3 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 3 persone
3 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 3 persone
3 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 3 persone
3 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 5 - Huisves 4 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Baarshengel

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Klipfontein Bushcamp gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 000 per nag (vir 16 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za