Bela-Bela Akkommodasie by Klipspringer View Lodge | LekkeSlaap
+23

Klipspringer View Lodge

6 resensies
Wildsplaas
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R516, Mabalingwe-natuurreservaat, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R4 500 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Klipspringer View Lodge is 'n volledig gemeubileerde vyfslaapkamerhuis wat selfsorgverblyf in die Mabilingwe-natuurreservaat in Bela-Bela bied. Dié natuurreservaat spog ook met die Groot 5.

Die lodge beskik oor 5 slaapkamers. Daar is 2 chalets apart van die hoofgebou wat elkeen 2 slaapkamers het. Die eerste chalet het 2 en suite-slaapkamers en die tweede chalet het 2 slaapkamers wat 'n badkamer deel. Elke slaapkamer het skuifdeure wat toegang bied tot 'n dek wat die kamers aan die hoofgebou verbind. Die hoofgebou beskik oor 1 slaapkamer met 2 enkelbeddens en 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n skottelgoedwasser, 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die ruim oopplan-leefarea het 'n kroeg (sonder voorraad) en die eetarea bied toegang tot die dek.

Die dek het ingeboude braaigeriewe en pragtige bosveld-uitsigte. Die lodge spog met 'n Jacuzzi, onderdak-parkeerplek en sekere DStv-kanale. 'n Permanente sekuriteitswag verseker dat gaste en hul voertuie veilig is. Gaste kan met hul eie voertuie op wildritte gaan. Mabalingwe-natuurreservaat se grondpaaie is plek-plek moeilik bekombaar, veral in die reën, so maak asseblief seker dat jou voertuig geskik is voor jy 'n wildrit onderneem.

Slaapplek

’n Bespreking by Klipspringer View Lodge sluit in:

Koningingrootte-bed Kinderbank vir 1
Slaapkamer 1
Plek vir 3 persone
1 xKoningingrootte-bed
1 xKinderbank vir 1
Koningingrootte-bed Kinderbank vir 1
Slaapkamer 2
Plek vir 3 persone
1 xKoningingrootte-bed
1 xKinderbank vir 1
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Jacuzzi
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 6 resensies vir Klipspringer View Lodge
Netheid
4.3/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Langs die R516, Mabalingwe-natuurreservaat, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Gaste dink Klipspringer View Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R4 500
per nag (plek vir 10)
Vanaf R4 500
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R516, Mabalingwe-natuurreservaat, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8OaXvp1H8mZBWHBHoCbezm1Ez8bGj30XbyjggBqZWg4XZRp7m5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R4 500  per nag (plek vir 10) 6 5 1 5 Off the R516 Mabalingwe Nature Reserve 0480 Limpopo 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -24.811560432145 28.054569214583
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za