LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Koekoek Guesthouse | LekkeSlaap
+8

Koekoek Guesthouse

9 resensies
Gastehuis
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Koekoekstraat 1468, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 800 per nag (plek vir 12)

Beskrywing

Koekoek Guesthouse is in Marloth Park, 'n bewarea en vakansiedorp van sowat 3000 hektaar wat op die suidelike grens van die Krugerwildtuin tussen Malelane en Komatipoort in Mpumalanga geleë is. Hierdie selfsorgvakansiehuis het slaapplek vir 'n gesin of groep van 12 mense.

Die huis bestaan uit 4 slaapkamers en 2 badkamers. Die huis het gerieflike slaapplek vir 8 volwassenes en 4 kinders. Daar is 'n oopplan-eetkamer en 'n volledig toegeruste, moderne kombuis. Jy kan ontspan op die groot dek buite en die pragtige uitsig oor die bos bewonder. Kom aanskou die wild, soos kameelperde, koedoes, sebras en rooibokke, wat vrylik in Marloth Park rondloop terwyl jy die gasbraai benut.

Ons is 'n gewilde oornagplek vir toeriste wat Krugerwildtuin, Swaziland en Mosambiek toe reis en bied jou die geleentheid om die bekende Groot 5 te sien. Die park is steeds nie omhein aan die binnekant nie, maar word wel deur 'n heining en die Krokodilrivier van die Krugerwildtuin geskei. Daar is 2 ingange na die Krugerwildtuin, naamlik Krokodilbrug en Malelane. Die voordeel van Marloth Park se ligging naby die Krugerwildtuin is dat besoekers gerieflik die park kan besoek en dan in 'n minder kommersiële plek kan kom oorslaap na 'n lang dag. Aangesien daar nie heinings is nie, word besoekers aangemoedig om Marloth Park self te voet, op wildritte of op 'n fiets te verken. Toere is ook beskikbaar indien dit vooraf gereël word.

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 9 resensies vir Koekoek Guesthouse
Netheid
3.4/5
Diens
4.1/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • Koekoekstraat 1468, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Gaste dink Koekoek Guesthouse het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 800
per nag (plek vir 12)
Vanaf R1 800
per nag (plek vir 12)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Koekoekstraat 1468, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGM2ZjhmZjZhLTY2YmMtNDQ3Mi1hZGM0LTU5Mjg0NzM1NjkxZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 800  per nag (plek vir 12) 9 5 1 5 1468 Koekoek Street Marloth Park 1321 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -25.348331077511 31.762963235378
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!