Kohandè

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 15 % af

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Mei 2019 tot 31 Aug 2019.

Beskrywing

Kohandè is in die skilderagtige Leeuwkloofvallei Bewarea in Gauteng net noord-oos van Pretoria geleë. Dis by De Wagensdrift en is die ideale bestemming vir natuurliefhebbers.

Daar is 3 luukse safari-tente met en suite-badkamers en elkeen met slaapplek vir 2 volwassenes (geen kinders word toegelaat nie). ‘n Kombuisie wat ten volle toegerus is met 'n yskas-vrieskas maak selfsorg ‘n plesier. Elke tent is privaat met sy eie besondere panoramiese uitsig oor die bosveld waar jy kan ontspan en die asemrowende sonsondergang kan geniet terwyl jy luister na die jakkalse se gehuil. Elke tent het ook sy eie boma met braaiplek. Daar is 'n swembad waarin jy kan ontspan en afkoel na 'n warm somersdag.

Jy kan ook die vrylopende wild soos koedoes, rooibokke en njala’s, om maar 'n paar te noem, rustig sit en dophou. Kohande is 'n voëlkykersparadys met 'n oorvloedige voëllewe. Neushorings, vlieëvangers en menigte ander kan in die vallei gevind word.

Kohandè is gerieflik binne maklike bereik van Pretoria, Johannesburg, Oos- en Wesrand en O.R. Tambo Internasionale Lughawe geleë. Ons is slegs 20 km van Cullinan af, wat alombekend is vir sy diamante.

Die Dinokeng Groot 5-reservaat is basies op ons voorstoep. Die area is malaria-vry en spog met 'n baie matige klimaat.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Groot 5
  •  Wildritte

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kohandè gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R930 R791 per nag (vir 2 mense)

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Mei 2019 tot 31 Aug 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false