Korhaan House
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Korhaanweg 3, Melkbosstrand, 7437, Wes-Kaap
- Vanaf R3 469 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Korhaan House is 'n bekoorlike huis wat in die kusdorpie Van Riebeeckstrand, Melkbosstrand geleë is en is stapafstand vanaf strande. Dit is net 35 km noord van Kaapstad en spog met 'n pragtige uitsig oor die see. Hierdie verblyf bied 'n wonderlike ontsnapping van die stad se gewoel.
Hierdie verblyf bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 4 slaapkamers in die hoofhuis, asook 'n woonstel. Die ruim woonstel het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Dir woonstel het ook 'n sitarea met 'n TV en 'n kombuisie wat met 'n tweeplaatgasstoof, mikrogolfoond en 'n yskassie toegerus is. Die huis se eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die derde slaapkamer het ook 'n koningingrootte-bed en die vierde slaapkamer het 'n dubbelbed. Slaapkamers 3 en 4 het elk 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die ander 2 badkamers het ook 'n stort.
Die oopplan-leefarea is op die boonste vlak van die huis en beskik oor 'n stylvolle kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware, skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër toegerus is. Die kombuis lei na 'n etenstafel wat verder na 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV lei. Gratis WiFi is beskikbaar.
Hierdie leefarea lei na 'n sonnige houtdek met sonstoele, 'n piekniektafel, gasbraai en 'n see-uitsig. Die grondvlak lei na 'n onderdakstoep met nog 'n piekniektafel en sonstoele. Die tuin is groot en het 'n boma met 'n sentrale vuurput. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.6/5
Host Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 651
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Korhaanweg 3, Melkbosstrand, 7437, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Van Riebeeckstrand Melkbosstrand Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Korhaanweg 3, Melkbosstrand, 7437, Wes-Kaap