Kubu Bali

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kubu Bali bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n puik drieslaapkamerwoonstel met 'n gedeeltelike see-uitsig. Dié woonstel is deel van 'n moderne, Bali-styl-kompleks in Shelly Beach en dit bied direkte toegang tot die strand.

Die woonstel is op die eerste vloer en het plek vir 6 mense. Die woonstel bestaan uit 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n leefarea en 'n oopplan-kombuis. Die eerste en tweede slaapkamers het dubbelbeddens en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Elke slaapkamer is smaakvol versier en het 'n mooi spieëltafel en 'n plafonwaaier. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort, en 'n gedeeltelike see-uitsig van die balkon af. Die tweede en derde slaapkamers bied toegang tot die tweede badkamer met 'n stort.

Die ruim leefarea bestaan uit 'n oopplan-kombuis en -sitarea wat geskei word deur 'n graniet-eilandtoonbank met kroegstoele. Die leefarea lei deur skuifdeure tot 'n bedekte balkon. Die okkerneut-en-graniet-kombuis is toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond, oond, stoof, wasmasjien en tuimeldroër. Daar is rottangmeubels, 'n TV met sekere DStv-kanale (86 TV-kanale en 70 musiek-kanale) en 'n DVD-speler in die gerieflike sitarea. Die balkon kyk uit oor die swembad en is toegerus met stoepmeubels ('n tafel en stoele) en 'n privaat gasbraai.

Die kompleks is ommuur, het 'n elektriese heining en afstandbeheerde toegang. Een onderdakparkeerplek en 'n ekstra parkeerplek vir 'n motor of sleepwa is ook beskikbaar.

Gaste het direkte toegang tot die strand (geen paaie hoef oorgesteek te word nie). Die kompleks word goed onderhou en beskik oor 'n gemeenskaplike swembad, grasperke en 'n braai-area met 'n gedeeltelike uitsig oor die see. Kubu Bali is lekker naby 2 winkelsentrums met 'n groot verskeidenheid eetplekke, vermaak en kettingwinkels. Al wat tussen jou en Shelly Beach met sy lewensredder staan, is 'n entjie se stap. By Shelley Beach is daar 'n restaurant, kroeg, getypoel en 'n hawe vir klein bootjies.

Slaapplek

'n Bespreking by Kubu Bali sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Diens op aanvraag

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kubu Bali gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R990 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za