La Carona 3

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 15 % af

Kry 15% af vir verblyf wat 14 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

La Carona 3 is 'n selfsorg-vakansiewoonstel in St Michael's on Sea aan die Suidkus van KwaZulu-Natal. Die eenheid is net 500 m vanaf die swembad, strandmeer, getypoel, swembad en 'n restaurant en kroeg.

Die woonstel het 3 slaapkamers en 2 badkamers en dit bied slaapplek aan 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede en derde slaapkamer het elkeen 'n dubbelbed. Daar is ook 2 driekwartbeddens in die derde slaapkamer. Die tweede gedeelde badkamer het 'n bad en 'n stort.

Die oopplan-kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware. Die leefarea het 'n tafel met sitplek vir 6 gaste en die sitkamer het gemaklike rusbanke, 'n TV met DStv Premium.

Die leefarea bied toegang tot 'n groot stoep met 'n lieflike see-uitsig, 'n gasbraai en sitplek.

Die kompleks is veilig en 'n toesluitmotorhuis vir 1 voertuig word voorsien. Addisionele parkeerplek is beskikbaar.

Linne word voorsien en gaste moet hul eie swem- en badhanddoeke saambring. Die eenheid word skoongemaak en daar is toiletpapier en skottelgoedseep wanneer gaste arriveer.

Indien gaste skoonmaakdienste tydens hul verblyf verlang, moet hulle ons 3 dae vooraf in kennis stel sodat reëlings getref kan word. Ekstra kostes word hiervoor gehef.

Shelly Centre en South Coast Mall is 'n paar minute se ry weg.

Slaapplek

'n Bespreking by La Carona 3 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Toiletware

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Kluis

Konferensiegeriewe

  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na La Carona 3 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R520 R442 per nag (plek vir 6)

Kry 15% af vir verblyf wat 14 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za