La Loft

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

La Loft bied gerieflike selfsorgverblyf in ’n smaakvol versierde woonstel, wat apart is van die hoofhuis. Dié sonnige woonstel is op ’n residensiële perseel geleë in ’n boomryke doodloopstraat in die Kaapse voorstad, Claremont.

Dié oopplan-woonstel is op die eerste verdieping en het ’n privaat ingang. Die woonstel het oop dakbalke en dit maak dat die woonstel baie lig en helder is. Die woonstel het ’n koningingrootte-bed en badkamer met ’n stort. Die kombuisie is toegerus met ’n tweeplaatstoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, ketel, broodrooster en 'n koffiedompelpot. Die sitarea het Franse deure wat na die balkon lei en het ’n TV met sekere DStv-kanale en Netflix. WiFi is ook beskikbaar.

Die woonstel word 2 keer 'n week skoongemaak, en ’n klein bondel wasgoed kan weekliks teen ’n addisionele fooi gewas word. Opvou- en strykdienste kan ook teen ’n addisionele fooi gedoen word. Die perseel is gerieflik geleë met toegang tot winkels en restaurante.

Slaapplek

'n Bespreking by La Loft sluit in:

1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort
  •  Ondervloerse verhitting

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na La Loft gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R550 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za