Kleinmond Akkommodasie by La Mer | LekkeSlaap
+60

La Mer

Weeksdagaanbod 10% af

Kry 10% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vanaf 23 Mrt 2020 tot 31 Aug 2020.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Marienerylaan 2, Kleinmond, 7200, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R750 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

La Mer is 'n selfsorg-strandhuis teen die see wat in 2 eenhede verdeel is en slaapplek bied vir 2 tot 8 mense. Die see-uitsig van die huis op die hoek af is asemrowend en skep 'n ontspanne atmosfeer omring deur fynbos, die see en 'n uitsig oor die hawe.

Die hoof-selfsorghuis bestaan uit 2 slaapkamers. Die 1 kamer het 'n dubbelbed en die ander kamer het 2 enkelbeddens. Beddegoed en handdoeke word voorsien. Verder is daar 1 badkamer, 'n ten volle toegeruste kombuis en 'n oopplan-leefarea met 'n kaggel en pragtige uitsigte oor die see. 'n TV met volledige DStv, gratis WiFi en basiese skoonmaakmiddels word voorsien. 'n Toesluitmotorhuis is beskikbaar.

Daar is 3 braai-areas. Een motorhuis is in 'n binne-braai-area omskep en dit is apart van die huis. Daar is ook 'n oop braai-area met 'n piekniekbankie aan die agterkant van die huis. Die voorste stoep het 'n piekniekbankie met sitplek vir 8 en 'n Weber. Dit is ideaal om etes buite te geniet. Daar is 'n wassery met 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër.

Die wittebrood-suite is 'n selfsorg-eenheid met 'n oopplan-uitleg. Dit beskik oor 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Beddegoed en handdoeke word voorsien. Die kombuisie het breekware, 'n tweeplaatstoof, yskas, ketel, broodrooster, potte, panne, eetgerei en 'n mikrogolf. Daar is 'n klein oopplan-sitkamer met 'n TV met DStv en WiFi. Die eenheid het lieflike see-uitsigte met 'n patio en braaigeriewe.

La Mer is 15 minute se stap van die Palmiet-strandmeer en -strand af op 'n houtpaadjie. Botrivier-meer en Kleinmond se hoofstrand is net 20 minute se stap van La Mer af. Die gonsende, plaaslike hawe met verskeie restaurante en bekoorlike winkels is minder as 5 minute se stap weg.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans

Parkeerplek

  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 49 resensies vir La Mer
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Marienerylaan 2, Kleinmond, 7200, Wes-Kaap
  • Gaste dink La Mer het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R750
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R750
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Marienerylaan 2, Kleinmond, 7200, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAw3MdQbW9VHMB3VsdlXD30fZRU5wcfX4urt70zKgnBTcC5XFQRe?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R750  per nag (vir 2 persone) 49 5 1 5 2 Marine Drive Kleinmond 7200 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.345409295403 19.011951906746
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za