La Montagne

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

La Montagne is 'n oordhotel en spa wat luukse selfsorgwoonstelle in Ballito aan die Dolfynkus net 15 km vanaf King Shaka Internasionale Lughawe bied. Ballito is een van KwaZulu-Natal se voorste kusgebiede met pragtige, ongerepte strande en warm water. Dolfyne baljaar gereeld in die branders en gaste kan saam met hulle swem, branderplankry of skubaduik.

Die moderne woonstelle het lugversorging en is ten volle toegerus. Gaste kan kies tussen ateljee-eenhede met 'n oopplan-uitleg, tweeslaapkamerwoonstelle en drieslaapkamerwoonstelle. Al die eenhede bied 'n panoramiese see-uitsig, 'n oopplan-eetarea en -sitarea met 'n TV en sekere DStv-kanale, 'n kombuisie en 'n stoep met ingeboude braaigeriewe.

La Montagne spog met 'n restaurant met 'n groot verskeidenheid disse, 'n kamerdiens, gesondheidsoord, 'n teaterklub, muurbalbane, 'n swembad, 'n sondek langs die see en daaglikse vermaakprogramme vir die hele gesin.

Die oord het ook uitstekende trou- en konferensiegeriewe vir dinees, tema-aande en spesiale geleenthede.

Let wel dat die eenheid van 16 Januarie 2020 af opgeknap word.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Skoonheidskliniek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Portier
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Internet
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  24-uur Kamerbediening
  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na La Montagne gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 300 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za