La Roche Estate
- Kapasiteit: 12 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Robertsvleiweg, La Roche Landgoed, Franschhoek, 7680, Wes-Kaap
- Vanaf R2 833 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
La Roche Estate is 'n pragtige landgoed in die rustige Robertsvleivallei in Franschhoek en bied 'n prentjiemooi uitsig op die berg en oor die wingerd. Die landgoed is 5 km vanaf Franschhoek se middedorp en dit word deur wynplase omring.
Gerieflike selfsorgverblyf word in 4 suites gebied wat altesaam 12 gaste kan akkommodeer. Die Pinot Noir Suite 1 is 'n woonstel met slaapplek vir 2 gaste en het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die Luukse Pinot Noir Suite 2 met 'n warmbad bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n koninggrootte-bed, gehaltelinne en 'n en suite-badkamer met toilet, wasbak en 'n stort. Die Luukse Chardonnay-suite met 'n warmbad bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n koninggrootte-bed, gehaltelinne en 'n en suite-badkamer met 'n toilet, spa-bad, stort en 'n wasbak. Die luukse gesinssuite het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 1 dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n aparte badkamer in die suite met 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Gaste kan lekker op die landgoed of in die woud wandel en in die dam swem op warm somersdae. Die omgewing is ideaal vir 'n ontspanne wegbreek gevul met wynproesessies, lekker eetervarings, voetslaan en perdry.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Kunsvlieghengel
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Piekniekmandjies Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Ligging
- Robertsvleiweg, La Roche Landgoed, Franschhoek, 7680, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Franschhoek Boland Wes-Kaap
- Kapasiteit: 12 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Robertsvleiweg, La Roche Landgoed, Franschhoek, 7680, Wes-Kaap