La Roche Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

La Roche Guest House is in 'n stil, residensiële area van Milnerton geleë. Die sentrale ligging bied maklike toegang tot hoofpaaie, strande en die lughawe en maak dit die perfekte plek vanwaar gaste die interessante besienswaardighede van die uitstekende omgewing kan verken.

Gaste kan kies tussen 7 pragtige kamers met gemaklike koninggrootte- of koningingrootte-beddens. Al die kamers het 'n toilet en storte, 'n haardroër, ekstra-lengte beddens, klokradio, TV, verwarmer en ingeboude kluise.

Ontspan en geniet 'n braai langs die groot swembad in die somermaande. Die kaggel in die sitkamer bied 'n knus atmosfeer vir kouer aande. Veilige parkeerplek van die straat af word voorsien. 'n Heerlike ontbyt word daagliks in die eetkamer bedien wat ook op die tuin en swembadarea oopmaak.

Milnerton is 'n noordelike voorstad in Kaapstad teen die randjie van die Atlantiese Oseaan. Dit is omtrent 12 km van die middestad af en bied maklike toegang tot die gewilde plekkies in die stad en spog met die mooiste uitsig van Tafelberg, Seinheuwel en Robbeneiland. Daar is 'n strand, strandmeer, winkelsentrums en 'n gholfbaan. Milnerton is die perfekte plek vir 'n welverdiende wegbreek.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Portier
  •  Gastesitkamer
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na La Roche Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 090 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za