La Swan Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

La Swan Guesthouse is in Welkom, die tweede grootste stad in die Vrystaat, sowat 140 kilometer noordoos van Bloemfontein. By La Swan Guesthouse is ons baie trots op ons persoonlike, professionele diens. Die gastehuis is die ideale plek vir langtermyngaste of gesinsverblyf.

Al ons kamers lei na 'n privaat tuin en het lugversorging, 'n plafonwaaier en kluis in die kamer. Daar is 4 slaapkamers met dubbelbeddens, 1 kamer met 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word, 2 gesinskamers met 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens, 2 wittebroodsuites met 'n Jacuzzi en spa-bad en dan 'n selfsorg-eenheid met 3 slaapkamers en slaapplek vir tussen 6 en 8 gaste. Al ons kamers lei na 'n privaat tuin en het lugversorging, 'n plafonwaaier en kluis in die kamer.

Ons het ook 'n volledig toegeruste kombuis waar jy maaltye kan voorberei of lekker tee en koffie kan maak. Ons bied wel 'n volledige Engelse ontbyt of kontinentale buffet. Aandete is op versoek beskikbaar - bespreek asseblief voor 11:00.

Ons geriewe is altyd aan gaste beskikbaar. Ons gaste word 'n ontspanne, genotvolle verblyf toegewens. Ons bied 'n swembad en verskeie buitelug-ontspanningsarea's, sowel as 'n braai-area. La Swan Guest House het ook sy eie swane. Kom ervaar gerus die rustige atmosfeer by ons waterval en swane na 'n lang dag.

Verder het ons ook konferensiegeriewe, met of sonder maaltye, en ons kan ongeveer 100-120 afgevaardigdes akkommodeer. Die geriewe sluit 'n groot skerm, projektor en 'n klanksisteem in. La Swan Guesthouse is ook die perfekte plek vir 'n intieme tuin-troue met sitplek vir omtrent 60 gaste.

Ander geriewe sluit 'n wasgoeddiens, volledige DStv en braai-area in. Rook is verbode in die kamers.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Wildkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na La Swan Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R550 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false