+14

10 gaste

4 slaapkamers

8 beddens

3 badkamers

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Slaapplek vir 10 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • 2716 Marine Drive, Betty's Bay, 7141, Wes-Kaap Sien kaart

Beskrywing

Laaste Gift is ’n ruim selfsorg-vakansiehuis wat verblyf aan tot 10 gaste bied. Dit is reg by die see geleë en 1 kilometer vanaf die swemstrand in Bettysbaai.

Laaste Gift bied nie net ’n ongelooflike uitsig oor die see nie, maar ook oor die omliggende fynbos en berge. Boonop grens dit aan 'n reservaatgebied, wat beteken dat daar nie aan sy een kant gebou mag word nie.

Laaste Gift is ’n dubbelverdiepinghuis wat beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers, ’n kombuis, eetarea, leefarea en sonkamer.

Op die grondverdieping is 2 slaapkamers en ’n ruim leefarea. Daar is ’n dubbelbed in 1 van die kamers en die ander kamer het ’n enkelbed en 'n stapelbed. Die kamers deel die gebruik van ’n badkamer met ’n stort en toilet. Die leefarea het ’n groot etenstafel en lei na ’n stoep met 'n buitetafel vir 6 gaste.

Die eerste verdieping beskik oor 2 en suite-slaapkamers, 'n ekstra toilet, ’n kombuis, ’n eetearea, ’n leefarea en 'n sonkamer. Daar is ’n koningingrootte-bed en 'n driekwartbed in die eerste kamer, asook 'n badkamer met 'n bad, stort en toilet. Die tweede slaapkamer word via ’n dek bereik en is baie privaat. Dit beskik oor ’n koningingrootte-bed en 2 driekwartbeddens. Hierdie kamer het ook ’n stort, bad en toilet.

Gaste moet hul eie handdoeke bring. Beddegoed word voorsien.

Die kombuis is met ’n stoof, oond, lugbraaier, mikrogolfoond en 'n yskas toegerus. Daar is ook ’n skottelgoedwasser. ’n Stel trappe lei vanaf die kombuis na die braai-area buite.

Gaste kan in die leefarea voor die TV met vol DStv ontspan terwyl hulle oor die see, fynbos en op die berge uitkyk.

Gaste kan die Harold Porter Botaniese Tuin of die pikkewynkolonie by Stoney Point besoek. Dié area bied verskeie doendinge, soos sandplankry, swem, branderplankry, stap- en voetslaanpaadjies en het ook verskeie eetplekkies.

Let asseblief daarop dat geen harde musiek hier toegelaat word nie. Wanneer gaste bespreek, word 'n afskrif van die identiteitsdokument van die persoon wat bespreek, vereis.


Kamer-opset

Slaapkamer

En suite

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Koningingrootte-bed

Bad, Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

4

2 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Koningingrootte-bed

Bad, Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Stapelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Wassery naby
Mooi uitsig
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 22 resensies

Uitstekend

Netheid
4.4
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Grant J
Gesin met klein kinders
5.0
Amazing views. We absolutely loved our stay. We had 3 amazing weather days in Betty's Bay. Laaste Gift has wonderful, uninterrupted vie...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2026
Jean M
Saam met vriende
5.0
Lekker. Baie lekker huis, met 'n puik ligging. Kom gemaklik reëlings tref vir sleutels optel en aflaai. Naby aan die water, naby aan die berge en 'n k...
Sien meer
Jan 2026
Grant J
Gesin met klein kinders
5.0
Fantastic stay. Loved every minute of it. We absolutely loved our stay at Laaste Gift. Amazing location. The house is beautiful and wel...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2025
Ilse V
Gesin met klein kinders
4.8
Absolute bliss. Laaste Gift is the perfect home away from home. It is cosy with the most amazing sea and mountain views. It was way mor...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2026
Marle K
4.8
Heerlik vakansie. Wonderlike verblyf vir 'n groot groep familie/vriende. Gemaklike huis wat alles het wat jy benodig. Uitsonderlike see-uitsig, naby b...
Sien meer
Mei 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Jackie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 22

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • 2716 Marine Drive, Betty's Bay, 7141, Wes-Kaap
  • Gaste dink Laaste Gift het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 3 000
per nag (plek vir 10)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 3 000
per nag (plek vir 10)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 3 000
per nag (plek vir 10)
Bespreek

2716 Marine Drive, Betty's Bay, 7141, Wes-Kaap

Sien kaart
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Slaapplek vir 10 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 12:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb2d1493f64d4e264df69d8fa3cf96832d5bc1d7bdd7574acbc7a8ef3fe896dfab87d318ae984ae4fcaab8ecc965d81193e7b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 000 per nag (plek vir 10) 22 5 1 5 2716 Marine Drive Betty's Bay 7141 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 12:00 -34.356949786666 18.925839906746
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang