Lagoon Side Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Lagoon Side Cottage is 'n gerieflike selfsorgvakansiehuis in Sedgefield, stapafstand vanaf die dorp, strandmeer en die park. Dit is ook net 1,5 km van die strand af.

Die huis het slaapplek vir 6 volwassenes en bestaan uit 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis, aparte sitkamer en 'n ruim leef/eetkamer. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Hierdie twee kamers deel 'n badkamer. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer.

Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n vrieskas-yskas, vierplaatstoof, mikrogolf, wasmasjien, eetgerei en breekware. Verder is daar 'n TV met volledige DStv, 'n videomajien, CD-speler en radio en buite op die stoep is daar 'n draagbare braaier. Die eiendom is omhein en 'n enkelmotorhuis is beskikbaar. Gaste is welkom om gebruik te maak van die fietse en die kano op die perseel.

Kenmerke

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Kamergeriewe

  •  Elektriese kombers
  •  Waaier
  •  Kluis

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lagoon Side Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 200 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za